Tag Archives: Gala

Toer tag vir Gala

Gala 2012 – Bettiesbaai tot Pearly Beach

Son, see, berge (wind, reën) en meer…
‘n Skets van gebeure deur Jacomien Hauman

Donderdag, 22 November:

Vir ‘n gewone rugsaktoermeisie, is dit vir my ‘n heel vreemde gevoel om net met my dagsakkie na die Neelsie toe te stap met die gewone pre-toeropgewondenheid. Dan praat ek nie eers oor die vreemdheid dat nie 3:30 die oggend is nie, maar dat die son al lekker warm bak, beslis hoe ek my Desembervakansie wil begin!

By die Neelsie gekom, word die gewone roetine gevolg, krat na krat wat uitgedra word en toermaters wat een-een aankom en bekendes wat gegroet word en nuwes wat voorgestel word.

Continue reading

Gala 2010 Waenhuiskrans – Pearly Beach

Hierdie skets is nie geskryf volgens amptelike BTK riglyne nie. Die opinies wat hier gedeel word is nie noodwendig dié van die BTK nie. Ons het gevoel, dis nou ek en Gerrie, dat ons die taak as sketskrywers na die beste van ons vermoëns sal kwyt. Juis daarom is alles onpartydig neergepen so na as moontlik aan die waarheid. Geen karakters is fiktief nie en die inhoud mag moontlik sensitiewe luisteraars ontstel. Continue reading

Gala 2007

Donderdag 22 November

Die Neelsie-parkeerterrein moes al getuie wees vir vréémde goed. Maar jy dink die jaarlikse saamtrek van BTKaners op pad gala toe moet onder die vreemdstes tel. Ongeveer 120 studente, uitgeput na ’n jaar en ’n eksamen sak op ’n bestemde tyd op die parkeerterrein toe met bagasie van wisselende grootte en vorm, en kort voor lank begin hul ’n vreemde versameling kiste en tente en pale en kombuistoerusting ook inlaai. Hierdie jaar is geen uitsondering nie. Continue reading

Waenhuiskrans na Pearly Beach Gala ’97

Vrydag, 28 November, die begin van die “Wind-Gala”!

Ons ry half-twaalf vanaf die Neelsie in die Likkewaan en ‘n splinternuwe Elwierda bus. Al is die Likkewaan baie stadiger as die ander bus, gee Wim nie om nie, want hy en Johan Thiart lê ewe gerieflik op ‘n bagasie-bed! By Waenhuiskrans se kampeerplek waai die wind almal lekker deurmekaar en kort voor lank word daar maar skuiling gesoek langs die bus waar daar ‘n woeste naamleer-sessie begin word. Continue reading

George – Knysna Gala 1995

VRYDAG 1 DESEMBER

Dis die einde van nog ‘n deurmekaar eksamen en daar is nog soveel dinge wat roep om voltooiing. Ek begin twyfel of dit die regte besluit was om te kom gala… Maar dan land ek half verstrooid laat by die Neelsie aan net om te sien hoe mense luilekker in die son sit en rustig wag vir die wa om klaar gelaai te word. Dit lyk dan soos ‘n vakansie – ‘n vakansie wat ek bitter nodig het en skielik besef ek daar le 9 onvergeetlike dae voor. Continue reading

Stilbaai – Witsand Gala 1993

‘n Geskarrel, gegroet, ge-name-vra, hope bagasie, toerlyste en mense: so begin hierdie toer op ‘n snikhete Vrydag. Dit lyk darem of almal hoede onthou het, want dis strooihoede net waar jy kyk wat behoorlik kompeteer in grootte. Vertrek stiptelik BTK-tyd met ‘n bus, twee US-minibussies en die liewe toe trok. Continue reading

Waenhuiskrans-Franskraal Gala Desember 1992

Ten spyte van die hitte, het ons op 28 November 1992, stiptelik om eenuur by die Voertuigpoel opgedaag, vol geesdrif en afwagting. Maar dit was alles tevergeefs. Daar was nie genoeg plek op die bus nie. Volgens Gerhard het te min mense op die wa gery. Na ‘n dringende beraadslaging is daar besluit om mev Hugo te gaan vra vir ‘n bussie. ‘n Uur later was ons op pad. Op Waenhuiskrans aangekom, is tente opgeslaan en kos gemaak terwyl Johan S. ‘n jukskei-bedryf uitgepak het. Ons het heerlik geëet aan Marianne se kos – net ‘n voorsmakie van wat sou volg. Daardie aand was daar net een item gewees toe Johan T. almal baie, baie welkom geheet het. Continue reading

Gouritsmond-Witsand Gala 1989

Novembermaand op Matieland beteken net twee dinge, naamlik her en BTK – dit is mos waarom ons telkens terugkom Matieland toe. Die gala is dus weereens met groot ywer aangepak wat weerspieël is in die miernes van bedrywighede wat daar in die BTK-stoor geheers het.

Vir ‘n wonder het die wa net ‘n kwartier laat vertrek, maar Aninge de Wet het hom nog steeds verpas. Dit was byna donker toe die wa ook die karavaanpark te Riversdal binnery. Die bus was toe reeds daar. Continue reading

Waenhuiskrans-Uilkraalsmond Gala November 1987

Vrydagoggend, en nog ‘n Gala lê voor (dus: baie weke later en nog ‘n toerskets lê voor).

Die walaaiers het al die bagasie perfek volgens tipe en grootte rangskik en trots teruggestaan om hulle handewerk te bewonder. Die laaiery het vinnig in ‘n lekker bedryf ontaard toe Jannie T en Leon Verster hulle unieke tegnieke toegepas het. Daarna het al die wa-ryers vir hulle ‘n nes geskop om die tog na Waenhuiskrans gemaklik aan te pak. Continue reading