Category Archives: Uitstappie Verslae

Collage en verslag van verstreke uitstappies

Victoriapiek Daguitstappie

Op Saterdag, 18 Augustus 2012, het die son geskyn en die voete laat juk na ‘n lang week van gure weer en reënbuie. By Jonkershoek se hek het 19 ywerige studente hulself reggemaak vir ‘n heerlike dag in die berg. Die doel was om die hoogste piek in Jonkershoek, Victoriapiek (1591m bo seëspieel) op die kerfstok te kry. Continue reading

Tafelberg – Tranquility Cracks

Sondagoggend, 13 Mei 2012, het ‘n groot groep studente gestaan en wag voor die Neelsie. Die wag was grootliks te danke aan die BTK se betroubare, blitsvinnige en byderwetse rekenaar. Uiteindelik was almal in die voertuie en soos ‘n stoet in die rigting van die Kaap gery. Een groep het Duiwelspiek gaan klim, terwyl die ander 23 Tafelberg gepak het. Daar het ook 7 internasionale studente van onder andere Iran, Frankryk, Oostenryk en Italië saamgestap. Die ongeluk het die Tafelberg groep al vroeg getref toe Magriet Muller (BTK Bestuur: Kosma) reguit Somerset-Wes toe wou ry met GPS en al. Van hier het dit ‘n reuse poging geverg om al die voertuie, insluitend twee geselskappe uit die Kaap, voor Kirstenbosch se Rycroft hek bymekaar te kry. Een voertuig is toe daar gelos en die res het om die berg tot in Kampsbaai gery. Na die woonbuurte eers goed verken is, is daar by die begin van die Pipe track gestop. Carien du Toit het wel besluit om die woonbuurte ‘n bietjie langer te verken. Continue reading

Boegoekloof stel nie teleur

Op Saterdag 25 Febuarie het ‘n groot groep BTK-ners in die mooi Jonkershoek natuurreservaat gaan stap. Die roete sou loop op met Kurktrekkersnek en af met Boegoekloof tot in Riviersonderend met sy bergpoele. Regtig min mense weet eindlik van boegoekloof en die oopte wat dit bied. Die gewone roetine sou wees om bo Kurktrekkersnek links te draai en verder te stap met panorama. Maar draai jy regs af, stap jy net miskien ‘n nuwe avontuur raak! Continue reading

Groot Winterhoek “Die Hel”

Die naweek van die 18de en 19de Februarie het ‘n klein groepie BTK’ners getoer na Poterville om bietjie die Groot Winterhoekberge te gaan verken. Vroeg die Saterdagoggend kon ‘n mens reeds die hitte van die son op ‘n mens se vel voel en almal het geweet dat ‘n warm naweek vir ons voorlê. Omstreeks 09:30 het ons begin stap vanaf die hek van die Groot Wintershoek Natuur Reservaat na die oornaghut. Continue reading

Rockhopper

Op Saterdag 11 Febuarie het ‘n groepie van 20 brawe BTK’ners besluit om die reënweer aan te durf en in die Bainskloofberge te gaan stap. Na twee agtereenvolgende hittegolwe wat die Kaap so direk uit die oordeelsdag getref het, was koue weer die laaste van ons bekommernisse. Geluk sou dit egter hê dat dit juis die dag van die uitstappie van álle dae moes reën! Na ‘n demokratiese stemming voor die Neelsie se ingang is daar tog besluit om aan te gaan met die uitstappie. Continue reading