Waenhuiskrans na Pearly Beach Gala ’97

Vrydag, 28 November, die begin van die “Wind-Gala”!

Ons ry half-twaalf vanaf die Neelsie in die Likkewaan en ‘n splinternuwe Elwierda bus. Al is die Likkewaan baie stadiger as die ander bus, gee Wim nie om nie, want hy en Johan Thiart lê ewe gerieflik op ‘n bagasie-bed! By Waenhuiskrans se kampeerplek waai die wind almal lekker deurmekaar en kort voor lank word daar maar skuiling gesoek langs die bus waar daar ‘n woeste naamleer-sessie begin word. Later die aand kom kom tannie Miems darem ook aan en die hele toergroep word binne etlike sekondes opgejack. Na aandete word daar geitem met Johan Gerber en Francois Smit die voorbokke, maar tannie Miems dra ook haar deeltjie by. Die tradisionele oorgee van leerbroek en houtlepels vind ook plaas en almal gaan soek rus in tente wat wapper en klap. En asof dit nie genoeg is nie: om 1:30 vm word ons wakker geblaas deur (van alle liedjies op aarde) “Sexy Eyes” en ander soortgelyke aaklighede.

Baie later Saterdagoggend word daar Volkspele gehou terwyl die walaaiers vir die eerste maal probeer uitwerk hoe die bus nou eintlik gepak moet word. Maar toe ons uiteindelik die wind en sand in ons ore trotseer, kom ons net tot by die krans van Waenhuiskrans voor ons weer stop. En skielik lyk ons soos ‘n groep Japanese toeriste: almal ruk net mik-en-drukke uit! Ons stap vandag ‘n bitter lang ent tussen Waenhuiskrans en Struisbaai, maar gelukkig waai die wind van agter af en verskaf die berge uitgespoelde bloublasies baie plesier. Middagete is – eers half-drie – by ‘n lieflike piekniekplek langs ‘n lagune, waar oom Dieter (tot Susan se ontsteltenis) agterkom dat uitgespoelde kokosneute eintlik vrot is en baie makliker breek as wat hy gedink het.

Ons loop oor ‘n semi-hangbrug en sommige manne dring daarop aan om in pas oor te stap om die brug soveel as moontlik te laat bewe. Met jellierige bene stap ons aan oor die strand en Francois Smit loop ons tegemoet van Struisbaai af met die rugbytelling en kommentaar oor presies wat wanneer gebeur het. Struisbaai se kampeerplek is maar flouerig wat beskutting betref, maar niks kry die massage-garage onder nie! Wim herhaal nie foute van vorige toere nie en skiet vanaand vir Christa, Mia en Una — ‘n potensieel gevaarlike kombinasie vir enigiemand met sensitiewe ore. Maar Wim is hoogs tevrede met homself en adverteer Dirk se alleenheid (“Dirk het nog NIKS”) oor die megafoon. In die daaropvolgende onderonsie bly ‘n lampie in die slag…

Sondag, 30 November

Ons stap die klein entjie kerk toe, maar die wind laat nie ons kapsels heeltemal ongeskonde daar aankom nie! Die res van die oorstaandag verloop uiters rustig met jukskei en slaap in windstilplekkies die hoofaktiwiteite. Ons nuwe toervader, oom Andries Louw, sluit by ons aan en die Steinmann-ouers vertrek na Stellenbosch. Met die beseerde Petie wat ook huis toe is, neem Armin summier die blikwasser-konvenorskap oor en stig ‘n outokrasie.

Die wind gaan lê en daar kan vir die eerste keer aan volleyball gedink word, maar iets is teen die potensiële spelers, want nou is die bakkie weg winkel toe met die bal agterop!

Met sleetyd neem die spinnies hééltemal oor en maak die ongelukkiges wat wél geskiet is vreeslik jaloers. Daar word selfs nuwe liedjies op ou deuntjies uitgedink en oor die algemeen verskriklik lekker gesocial.

Maandag, 1 Desember

Ons staan half-ses op om kamp op te pak, met die wind wat gedraai het en reënwolke nader bring. Met ‘n vinnige stoppie na ‘n uur se stap land ons tussen ‘n swerm muggies en Carel Cairns het te vertel dat dit mooiweer voorspel waar hy vandaan kom. Wim raak sommer bly, maar in die geval het die hoop beskaam!

By Agulhas word daar vir gamebreak gestop. Daar word amok gemaak by die vuurtoring, maar by die getypoel is ander pret aan die gang met tannie Miems en Honey… By die Suidste Punt van Afrika word die tradisionele groepfoto(s) geneem en Piet en die drieling (Mia, Una en Christa) tel bamboese op om ‘n blaasorkes te stig wat ons die res van die dag begelei.’n Hele stuk grondpad later kom ons by ‘n huis in Suiderstrand waar ons heel windbeskut op die stoep kan sit en eet. Later die middag gaan ons verby ‘n sandduin waarteen ‘n paar yweriges ophardloop terwyl die res onder bly staan. Maar toe die wat bo is daarop aandring dat almal boontoe moet kom, sien ons die ongelooflikste spierwit sandwêreld daar bo. Na ‘n rukkie se speel en fotonemery stap ons aan na die plaas Brandfontein, maar die laaste paar kilometer is bitter erg met die wind wat so kwaai van voor af waai dat mens byna dubbeld vou en begin slinger! Op die plaas is darem lekker beskutting vir die damestente, maar die opgeslaande toilette staan in die wind en dit is maar ‘n gesukkel om deure toe te hou! Terwyl Jean en Anneke twee volle ure lank aan tone werk, dril Armin die Eerste Toeriste asof hulle lewens daarvan afhang, maar helaas: nog net die helfte van die items is agter die rug of dit begin reën. Wim kanselleer die slee’s en ons gaan slaap, maar 48 mense weet nog nie…

Dinsdag, 2 Desember

Wie het nou al ooit gehoor van ‘n dag waarop ‘n mens jou hoed op jou kop moet vasbínd, sonbrandmiddel smeer, reënjas aantrek, afdroog, weer songoed smeer en nekdoekies om jou gesig bind om sand uit jou neus uit te hou — alles binne ‘n UUR! En die beste van alles is dat die dag windstil en pragtig begin het.

Die stormwind en ysreën wat ons na middagete tref veroorsaak egter dat omtrent 100 mense vir langer as ‘n uur so stap dat daar nie meer as 20 meter tussen die voorsitter en die slot is nie! Die manne met die middagbroodsakke stap ook voor om die wind te breek en met rustye vorm daar ‘n spontane “groepswoeps” om bietjie te skuil. Na amper twee ure van díe avontuur breek die son deur en toe ons teerpad tref, laat Wim ons ordentlike skoene aantrek vir die paar kilo’s na die bus toe. Skaars 100 meter verder kry ons die bus om die draai. Verder is daar nuus van GROOT BADKAMERS en WARM WATER, alhoewel laasgenoemde eers bietjie moeilikheid gee. Wim besluit dat die volgende dag ‘n impromptu oorstaandag gaan wees, maar dat ons darem nie NIKS sal doen nie — daar moet darem na en van die kostent geloop word! Ons maak ons reg om die eerste toeriste se konsert klaar te kyk, maar na ons nog net na die Briels geluister het, gebeur dit weer: stortreën. En ons gaan slaap maar met 48 mense wat STEEDS nie weet nie!

Woensdag, 3 Desember

‘n Wonderlike, wonderlike oorstaandag met perfekte sonskynweer — so erg dat Erik homself bitterlik snaaks maar vreeslik rooi verbrand. Nadat die feëtjies en kabouterjies die oggend hulle opwagting gemaak het, word almal bevéél om te gaan swem, maar dis eers na ‘n lang gekarring dat wat Wim dit darem regkry om die meeste af te sleep see toe. Swem, volleyball, jukskei, tan en gesels…so gaan dit aan tot middagete, en toe beluit Wim: genoeg is genoeg. Die WRAAK word vir die eerste keer in die geskiedenis in helder daglig afgehandel, maar ten minste reën dit nie! Liezl Lourens laat ons almal skrik met haar “spoorlose verdwyning”, maar alles eindig darem goed. Nadat tannie Miems ons verlaat as gevolg van onvoorsiene omstandighede eie aan die nuwe Suid-Afrika, is ons chaperone-loos vir die res van die toer! Hildegard se watergeveg met Armin backfire effens en sy word behoorlik gestort, wat veroorsaak dat sy die enigste oorblywende stokerspakkie moet gaan aantrek — tot Monré-hulle se ewige plesier…

Die aand met damesskiet — en die ou-dames wat vrywillig spin — is daar amper ‘n waglys van mense wat wil item. Dit is duidelik

dat niemand baie moeg is nie!

Donderdag, 4 Desember

Dit is Piet en Annelien se (regte) verjaarsdae en hulle word plegtig gelukgewens voor die ou klein entjie se stap wat Wim belowe het. Maar net sewe kilometer was dit beslis nie! Gelukkig is dit ‘n ongelooflike swemdag en niemand kla nie, behalwe Wim, want hy kry dit nou maar nie reg om ALMAL in die water te kry nie! By Buffelsjag ontdek ons die vreemdste badkamers (volgens Christa beslis deur ‘n Atjie-ingenieur ontwerp), maar met drukke en stampe kom ons darem skoon. Behalwe vir die miere is dit ‘n heel lekker kuierplek, veral by die drieling se tent, waar Christa jou kan druk tot jy drool, né Dirk! Die verskillende groepe oefen hulle groepie-items, maar nadat die kosbakke silwerskoon geëet is, is almal só moeg (as gevolg van die vorige nag(te) se min rus) dat daar maar lekker geslaap word in die drie-ry slee’s.

Vrydag, 5 Desember

Wim maak ons wakker: op egte Wilgenhof-manier. Arme Klaus skrik so groot dat hy van 0 tot 150 km/h leopardcrawl onder die bus uit versnel, terwyl Dirk se kommer oor die kiste ook ‘n paar jaar van sy lewe aftrek! Maar Wim en Solly dink dis baie snaaks.

Selfs met swemonderbrekings en al is ons al teen half-twaalf binne sigafstand van Pearly Beach. Ons stop sommer net daar vir middagete sodat die ouens wat die broodsakke dra dit darem nie heeltemal verniet hoef te doen nie! Ons eet en kyk walvisse en kom omtrent een-uur by die kampplek aan. Toe die kafeetjie twee-uur oopmaak, word dit behoorlik binnegeval deur BTK-ners wat hul lus vir roomys nou maar net nie langer kan uithou nie!

Die aand met slee word daar baie geitem, maar ons neem ook afskeid van laaste toeriste. Mense soos Jean en Christiaan met hulle baie toere, maar ook die drie buitelandse meisies en die res, kry die kans om ietsie op die vuur te gooi. Daar word nog tot baie laat geslee, en dis eers toe die reën teen twee-uur bietjie te swaar word, dat die laastes gaan inkruip.

Saterdag, 6 Desember

‘n Droewige dag vir Dominique, want St. Niklaus het nie opgedaag nie! Terwyl ons vir die ander (nuwe) bus wag, swot ons maar nog liedjies uit die nuwe boekie op, maar voor ons ry word daar eers vir Solly gesing en die laaste toeriste maan toe gestuur. Nico is so gewoond daaraan om homself met sonbrandgoed te smeer dat hy hom sommer in die bus weer van kop tot tone smeer!

Na net een “sewe-en-‘n-half-minuut”-stop kom ons in Stellenbosch aan. Solly is blykbaar ook haastig om by die huis te kom, want die keer hou die Likkewaan goed by. Na die afpakkery val ons die Spur binne en maak hul kelners mal, maar dis net omdat niemand regtig afskeid wil neem na hierdie wonderlike, onvergeetlike Gala nie!

Sketsskryfster

Maria Magdalena Rossouw

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui