Kleinmond Gala 1966

Met stywe en stram litte na die terende eksamen is daar probeer om nog te red wat daar te redde is deur stadig die sandstroke van ons kus aan te durf.

Reeds op Somerset-Wes was die kele doodgeklets sodat die kafee sy kant moes bring – maar die Kleinmannetjie het hom reeds Botter gesmeer vir alles wat hy voorheen nie mag gedoen het nie en ruk reeds hande uit. By die kampplek te Monteith aangekom, het Jaap baie duidelik die kampverdeling uiteengesit sodat van die eerste toeriste nie sy eerste aand ondervindinge sou volg nie. Met uitkenningsparade het Koosie Delport klem daarop gelê dat hy Koosie met twee oo’s is en die kleinman op Guillaume se skoot is oom Bethel s’n al is hy net so kaalkop soos sy oom. Die enigste verduideliking vir ‘n koffer wat die eerste rit oortref het, kon wees dat die kookboeke dié toer “gepress” is!

Vrydagoggend het duisende wekkertjies ons vanuit die bome begroet, maar hier is daar nie so iets soos jou maar weer net omdraai nie, want: vir almal wat nie kán opstaan nie, vir almal wat nie wíl opstaan nie en vir almal wat nie opstaan nie, is daar duisende water op pad. Dít laat ons klompie “spark” want daar moet vir die lawaaiers geword word – hulle Groot Brein, Duard, was nog besig om in werking te kom.

‘n Kalf wat hom een voel met die klomp vales vergesel ons ewe draffende. Lex se hulp word ingeroep, maar hy wil weet hoe roep ‘n mens ‘n bees? Wim Heese probeer hom toe die kort pad laat vat terwyl ons die lang pad neem – “shame, die arme lovable, adorable thing.”

Volgens Guillaume het Duard maar weer sy aangebore neiging om agter die slotte te loop geopenbaar – hetsy met ‘n meisie of sonder broek! By die swemplek gaan dit jolig en die meeste dames vergroot die natuurlikheid van die omgewing daar doer agter die rotsblokke. Toe gaan dit al stappende deur die mis, gelukkig nie Transvaal s’n nie, tot by die middagbroodbruggie en volgens Guillaume se filosofie had elke silwerrandjie ‘n donker wolkie! Op die aantyging teen oom Bethel dat hy nie ongeseënde brood mag eet nie, sê hy hy seën dit binnesmonds! Die misroom sop smaak vorentoe!

Weens die ontembare energie van die klomp kon Jaap dit nie waag om teen die opdraand “smoke-break” te maak nie en hy stap maar aan tot by die eerste vérgesig. Om dit te bespoedig hardloop Wim en Werner vorentoe om ver-gesigte vanagter die rotse te vorm, maar Jaap is onverbiddellik – hy sien net klipkoppe! Toe die langverwagte “smoke-break” uiteindelik aanbreek en die ouens mekaar begin stenig, voel Duard ons raak te spandabelrig om sommer so ons pad weg te gooi of iets in dier voege.

Soos klipspringers is almal die berg af, met ‘n duik na die sleepilblikke en ‘n soek na ‘n gaatjie waar die wind nie waai nie. Die geskiedenis het weereens sy helde geëis – C E Barnard, J A Bothma, Theophilus T Turner en M J Conradie moet met leedwesende vreugde hul rol as bachelors vervul. Die lewe met sy soet en sy suur – want toe die C J-nommerplaat aangery kom, verkaar Etienne homself met blinkende oë ‘n gewillige slagoffer van die uitsleep. So woed die aand hom verder uit met ‘n bulkende kostent en Japie Afwyk en sy komiteeslee moet die aanslae van Rooi Els getroos aanvaar. Dit dwing hope plathonde om die veiligheid van hul slees te verlaat – ook Botter laat waai met Flapjack en die wind(?) dreig om Benzo die lug in te laat styg. So alleen voel die arme Bachelors dat hulle die S.P.C.B. in die lewe moes roep.

Na die vorige dag se deur die mis wees voel almal Saterdagoggend letterlik deur die wind en op strand vereer ‘n klompie windlawaaiers ons op “bamboo musie”. By die Ketel word ‘n klein “smoke-breakie” gemaak en ons geniet ons (go) biére uit. Toe Piet en Wina (‘n halfuur op ‘n kwartier agter) by ons aansluit, lyk dit of hulle die lewe ook geniet. Op die biertjie gaan dit al springende verder soos wafferse sandvlooie en die “Rooihuide” bereik Palmietrivier spoedig waar ‘n klompie haar – “pale faces” ons inwag. Arme Ina se ore is vol blare gebrand – die Botter wou nie help nie – Bennie s’n verstaan ons natuurlik!

Sondagoggend stap ons Kleinmond toe vir kerk waarna Prieur se mense ons elkeen ‘n lafende koeldrank besorg. Klein Pietertjie is die eerste een wat hardop bied – Mamma, ek het in die kerk geslaap. Die ete is effe skraps, maar duisende poeding trek ons maar weer bed se kant toe.

Net na sonsondergang word daar langs die see gestap en die stilheid weerspieël in elkeen se gemoed, maar dit was van korte duur, want spoedig het heelparty met die harde werklikheid van sand moes kennis maak. Grootse konsternasie heers later weens die laat skiettyd, nie weens die tyd nie, maar weens die donkerte wat verhoed dat jy weet wie jy skiet. Botter sluit sy skietburo weens die duisternis aansoeke. Die donkerte heers egter verder voort in die slees toe almal ‘n belletjie hoor lui, maar nie weet waar die klokkie is nie – almal behalwe Piet de Waal wat blyk die belhamel te wees.

Maandag – heerlike ou oorstaandag. Terwyl die klomp in Kleinmond gaan swem laat waai die houtkappers met die hout na die lawaaiwater – die ander sorg vir die water en Hans Heese vir die lawaai. Die strybal vind groot byval veral by Botter en Jaap, maar waar wil jy meer “geboeide” toeskouers vind as Peet en Henk. Die aand laat geheime agent Dries en sy blommetjies dan die dames se harte saam met die eerste toeriste s’n vinniger klop. Souna voel net so effens bedruk dat sy nie iemand geskiet gaan kry nie en sy het dan sjoklads!

Deur kort-kort ‘n waarskuwinkie te gee, blyk die weer in simpatie te wees met die eerste toeriste en dié nag word die volmaan toe Donkermaan oor Palmiet.

Dinsdag – stap na Onrust:
Ek chap (3) van vroeg tot laat,
maar nooit ‘n rooi nekdoek.
Die mense dink dit is basaar,
maar ek wil sommer vloek.
Pollies (2) kom help tog gou,
die mense het my in hul mou.
Pollie (2) kom sluit hul op,
dat die lawaai kan stop.
Maar die ergste lê nog voor – Botrivier!

Soos die Israeliete van ouds droogvoets die Rooi See deur is, moes die rooi nekdoekiges dié keer die Botrivier kaalvoets trotsseer. Oom Bethel wil net foto’s neem om vir die mense te wys hoe ‘n mens Gala! Terwyl die gety styg en die dames gillend (van plesier?!) die deurtog aanvaar, moet Wina “lopende” kommentaar voor die “lewensredders” lewer anders gaan daar chaos wees – so erg raak die spanning dat Dieter agteruit foto’s wil begin neem. Intussen “blom” party van die manne agter die sandduine. Op Gala is ‘n hoed definitief ‘n beskermende noodsaaklikheid!

Die koue het die spirit hoog laat vlam en Hawston se “family sizes” en meeboskonfyt was net die ding. Toe al nege-en-neëntig sardientjies, dus ‘n sewe ton vrag, op die drie-ton vragmotor met ‘n vyf-ton bak kon kom, word dit dankbaar aan die min kos toegeskryf. By die poskantoor gaan dit “onrustig” sodat ons later letterlik middagbrood geniet. Die aand laat die spinnies weer weet dis sulke tyd en daar word aan gedink om die S.P.C.T. te stig – prevention of cruelty to tourists.

Woensdagoggend word die walvis in ekstase beskou, maar Toffie sê dis net ‘n stuk hout met ‘n klein stukkie daarby. Hermanus is meer sinoniem met bokkoms, melk, roomys, koek – ag, om te dink twee blokke aanmekaar van eetwinkels!

Met die stap deur die ruigtes laat Piet se sonbril die maan deurbreek – die lovable, adorable meisietjies tog. Elsabe bars die aand na al die stew uit haar nate, maar versorg die skeur met sorg: ‘n lap onder en ‘n kombers bo-oor!

Donderdagoggend stoot die stootskrapers ons vroeg uit die bed, maar ‘n heerlike dag van ski, swem, tan en sommer net wees, breek aan. Wie sê ‘n vrou kan nie grappe vertel nie – en om dit te item – heerlik! Die aand bereik sy hoogtepunt toe Za-Za “gracefully” as skurk “enter”.

Soos die walaaiers al geleer het – hoe seerder Duard se hand, hoe groter is sy mond en Vrydagoggend was sy hand seker baie seer.

Daar moet weer deur die mond gegala word, maar dié keer is dit veilig net sonder skoene. By die Paradys probeer almal inloer, maar vlug vinniger uit. Al vyftien S.O.D.’s v/pedagoggatjies volgens Toffie spark toe maar vir ‘n foto – bewaar ons melk.

Toe word daar weer honderd myl per uur gestap, gestap, gestap – eindeloos, brandend, aaklig, maar uiteindelik die Kelders en die spirit word weer aangevul. Toe gaan dit weer stap, stap, stap tot by Gansbaai en “die hele dorp weet”, want ons klomp val die pasteie binne om koeldrank te geniet en Guillaume sy tee.

Die duisende hikers wat ons hierna verbyjaag gaan hulle opdraandes ook nog kry, wag maar blikwassers!

Toe die dames Saterdagoggend hul bondeltjies netjies opgerol vind was die gille waarmee die miskruier kolonie tegemoet gestorm is, nie van dankbaarheid nie. Soos op Matieland kan die plaaslike weerstoestand nie die rugby laat skipbreuk lei nie en die middag was die georganiseerde chaos weer aan die beurt tussen die Noorde en die Suide. Die dames was eerste aan die beurt en terwyl die kantlyn saam met die golwe verskuif het, het die vier kwarte plaasgevind. Na twee kwarte was die telling 0 – 0 en na vier nog steeds 0 – 0. Dit was ‘n skitterende spel, met baie entoesiasme, min afrigting en hope gestorwe spelers wat met ewe groot entoesiasme solank deur die noodhulpmanne toegegooi is. Die manne se wedstryd het met ‘n amptelike telling van 3 – 0 vir die Suide en ‘n nie-amptelike telling van 3 elk geïndig – ma Elsabe die derde hoek van die ewige driehoek.

Toe daar die aand gekook moes word, was menige pan se reuk baie “fishy” met gevolglike latere ete. Die universiteitskoorlede het hul kant egter gebring sodat Jaap selfs na die fluitjie nog ‘n enkor stukkie aangevra het – met gevolglike enkor skiete.

Na die vorige aand se skietery het die laaste aand se wag in klimaks gestyg, beginnende by die slotsak, byl, skurwe jukskeitjies en slefs ‘n Dienkie Toy.

Maandagoggend het die kiste meer geblink as ooit. Omdat die meeste tan toe ook af was, kon oorgegaan word tot die neem van foto onder andere die Arny t… jeeps en die Mish-kanaries. Op pad na Gansbaai het die spreekwoord sonder betekenis geblyk te wees, want na elke opdraandjie was daar nog ‘n opdraandjie, maar die Gansbaaiers het spoedig geweet rom, rom, rom Stellenbosch kom. Gansbaai is ‘n hawedorpie met ‘n paar winkels, kafees, ‘n hotel en ‘n garage met groot, maar gelukkig ook klein vensters! Toe die krieketbal sy weg daarheen oop vind, het almal gevoel om saam met die glasstukkies te laat spat. Gelukkig was die “pull” toe groot genoeg om die kakebene saam met die skreeuers op die pawiljoen te laat wikkel. Die krieket was van groot gehalte, die drompoppe van grote opskoppe en die skare vol grote be…….

Vertel van alles kan ons egter onmoontlik nie en met die terugkom kon ons alleen met uitnodiging aan elke Matie in ons harte sing: “Maar ons kom terug na Matieland, net om te BTK.”

Siertske Burema
(Sketsskryfster)

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui