Glentana Gala 1965

Botter sê: BTK-tyd is regte tyd, en met die Kleinmannetjie se “hoor hier” in ons ore het die groot bus maar net ‘n halfuur laat die Akker verlaat. Elfuur vir ons en ter elfde ure vir oom Bethel wat hom tevergeefs op sy wraaksingende kurk raadslid, Japie, beroep het.

Al gou moes die Barrys te Robertson met middagbrood uitvind of daar enige verskil tussen rooi en rooi-en-kaki rysmiere is – die oorsaak hiervan ons lang vertoewery is Botter se ongewone kampverdeling: Dames voor ete, mans na ete! Die meisies kan nog net nie besluit of die mans se groot moan voor ete oor honger mae was of om gouer by die amen-sê te kom nie.

By Gouritzrivier is eers gou koffie gemaak om die ingewande te versterk en om die Greenbird kans te gee om ons in te haal. Die gevriesde klomp agterop besluit toe om liewer in die bus stelling in te neem. Tot die busgroep se leed het die koudheid hul ghries laat vries en die plaat haak vas op ………..

Te Glentata het die mans die bosse ingevaar op soek na hout. Toe die Greenbird uiteindelik laataand opdaag, het almal gou-gou ‘n vroeë môre supper geniet en daarna gespark vir die slaapsakke, ewe mededeelsaam met spinnekop, muis en ongediertes. Saamslapery op BTK is mos nie iets ongewoonds nie!

Saterdagoggend tou die sonnetjie die meisies moeg-moeg uit die bed en Anna van Saldanha laat ‘n sug na die koel manskamp hoor-ons hoop dis net oor die koelte! Die kampplek is heerlik bokant tussen die sandduine en alhoewel die sonnetjie kneig is die BTKners vroeg oor die duine langs die see af. By ‘n lekker inham word sagtebal of dalk “basketball” of sal ons liewer sê strydbal gespeel om enige meningsverskil te verhoed! Piet le Roux trek hom die lot van die eerste toeriste so aan dat hy hom lewend laat begrawe deur Irene, Renate en Bennie.

Met die seedreuning in die agtergrond en pragtige voëlgesang, Wina-Marié sê dis almal Piet-my-vrouens, soek almal ‘n dutplekkie na middagbrood op om al die agterstallige slape in te haal. Daar word vroeg die aand geëet en toe daar reggemaak word vir slee is daar ‘n gegil en gejil. Die ongediertes is besig om Elsabe-ma die bosse in te dra. Gelukkig vir ons val die muis se kop onder die Guillaume-tipe, want soos gewoonlik was Guillaume byderhand in die dameskamp.

Asof daar nie genoeg spanning vir die dag was nie, word die kampvuur gedeel met 13 spinnies. Rom-rom-rom die 13 spinnies kom en ry weg met die wa – wou hulle tog maar! maar selfs Adéle se roomys sou nie in hulle mond kon smelt indien hulle aangespreek sou word nie.

Daar is Sondagoggend styf duim vasgehou vir die belowende stukkie blou lug vroegoggend, maar volgens BTK tradisie moes die plastieke eers te voorskyn kom, gelukkig nie vir lank nie. Met die Greenbird is ‘n klompie na Outenikwaland kerk. Met die voorstelling van ouderlinge en diakens wou selfs Theuns se horlosie met al die geskud en kwaai kyke nie vinniger loop nie en oom Bethel het al benoud geword dat Guillaume uit sy slapie sou wakker word en verkeerde tyd sou opstaan!

Aangekom by die kamp wag ‘n lepellose, lewenslose lamp ons in. Toe dit met ete nog nie opduik nie moes alles diens doen – Botter se roomyslepeltjie was darem groot genoeg om 2 ertjies te kon laai.

Die middag is omgeslaap en na ete die aand is vir ‘n wandeling of sandeling langs die see gegaan en die wat nie wou loop nie is geloop. Menige dapper held moes ook sy knie buig teen die aanslae van die onweerstáánbare vroulike lis. Tog is daar vrede en stilte in die gemoed by die aanskoue van soveel skoonheid uit die Skepper se hand.

Die sand was almal dit weer eens: “Om te neem 13 spinnies mee, is die swak skakel in die sleë.”

Maandagoggend het Koos Roos vir die res van die toer drie hoera’s vir die walaaiers uitgespook op die Greenbird. Al slofende en swemmende is die ses myl na Groot Brak afgestap en die vreedsame ruskamp is spoedig betrek deur hordes rooi en kaki. Elkeen het ‘n vakansie-huisstap uitgesoek maar wat wou. ‘n Omie het spoedig kom probeer red wat daar nog te redde is en net Botter se charmes het ons van die ooptes gered.

Tydens middagbrood het alle diertjies en dinge ons die stroopbrood so verwelkom dat daar te kus en te keur was tussen soutvleisies op brood, soetvleisies of dalk ‘n toast. Moenie sê die BTKners kan nie kom waar hulle wil wees nie – oor berge en dale, deur nat en droë sand en selfs kon die helfte nog op die reeds oorvol bak ‘n sitplekkie kry, met groot gemak, as Koos die dreigende gestalte die sonder sitplek wil aflaai dorp toe of liewers “cafe” toe.

Die BTK-gees is die aand ru verbreek toe ’n vragmotor van ‘n konvooi binne sien- en hoorafstand van die kamp oor die brug stort. Die vinnige optrede van die mans het veroorsaak dat Piet le Roux, Koos Dan en Werner manmoedig kon help om die kleurlingbestuurder uit te duik, maar ongelukkig was dit reeds te laat. Die harde werklikheid het swaar op almal gedruk en die komitee-items moet spook om dit te verlig. Die houtkappers het die kondens gevat met Dries se beesies kort op hulle hakke. Die brakke van Groot Brak moes die aftog blaas weens die gebrek aan bome op die kampterrein.

Van vroeg Dinsdagoggend moet ag BTK-duikers hul onmisbare hulp verleen om die kabels aan die wrak te vestig en die heel dag deur is daar gewoel en gewerfskaf. Ag foeitog! Al Bernhard se Wisk-uitleggings was van geen nut met oom Bethel as die kinkel in die aanhoubrekende kabel (Ag, foeitog). Die BTK-brakke het spoedig die kafee uitgeruik en met hul uitgehongerde gesiggies, rooi neuse, en skurwe tone die nodige eet en drinkgoedjies verkry. Ag foeitog. Die okasie was blykbaar van so ‘n aard dat die skoolkinders gehaal moes word sodat die skool kon begin! Intussen was die manne druk besig om hulle vir die res van die toer te beghries – Brylcream sou die aftog moes blaas.

Die middag is Koos en sy Bluebird dan ook net die man en oom Loot ‘n lewenslange ondersteuner van die BTK. Ag foeitog, die tjekkie sou ook nog opdaag!

Die sonnetjie het hom ook laat geld by die kamp en die Scheffler brein is aan die brand. Van instante gepraat en gedemonstreer: Bernhard se oplossing vir die waterdraers: waarom nie waterinstant gebruik nie. Meng dit net met water en sie daar – water!

Dit is die aand van wraak en damesskiet. ‘n Skoonheidsalon word opgerig en Pieterina en Johanina ondergaan ‘n metamorfose. Soos Peet sê: vanaand maak hy die manne mál en na enkele sjarmelesse laat iemand hoor: dis darem ‘n kwaai kat daai! Nieteenstaande al die gewoel en gewerfskaf het doodse stilte oor die kamp gedaal en eerste toeriste swaar aan die sout seeluggie laat sluk. Selfs die geeste het die nag saam geweeklaag by die aanskoue van sulke gruweldade.

Woensdagoggend bespikkel rooi en kaki die sandduin en Scheffie se vinger klief die lug vir die groepfoto. As dié foto darem nie uitkom nie, dan is daar sowaar weer 300 floppies! Om die sandduin lê die Punt ver in die vertes. Soos Etienne sê: kyk goed, want julle sal vandag nog baie kyk. Die los sand knaag, die kuite trek laat dit klap, maar spoedig word kleingeld gemaak van die eerste ent tot by Hartenbos se kafee. Almal se gesigte lyk nou al van selwers rooi en kaki. Die laaste myle word afgedraf deur die “donkergroen dennewoud” tot by Mosselbaai se Punt om sestien myl diens te kry voor die volgende dag se twintig!!

Donderdag – D-dag of dié dag. Die oggend laat waai almal met hul bagasie en die wind laat waai vanuit ‘n ander hoek. Eers word ‘n besoek aan die grotte gebring en die grootheid van see en rotse laat ons opnuut besef: want ons het die lente, die lewe.

Reeds van vroeg af kneig die sonnetjie met die padstap en streep ons verder al agter die wortels aan soos oom Bethel se donkie. Somer, son en safier word spoedig somer, son en sand en met asems wat jaag bereik die BTKners uiteindelik al sandkouend Blinderivier, ook maar net vanweë die hoop op water, maar tevergeefs. “Water, water everywhere but nog a drop to drink!” Ai foeitog. Vir elkeen is daar net ‘n paar slukkies uit die waterbottels en toe word die verdere deel van die twintig myl aangedurf. Asof die sand en wind nie genoeg is nie, begin dit nog reën ook, uiteindelik, na menige besluit het dat net mal ouens BTK, bereik ons Vleesbaai se beskutting en wat is twee family sizes nou op twintig myl?!

Die aand slee die magtige konings van die storm en van wind baie bene dood in die klein waenhuisie en word afskeid geneem van Bethel, Carlo en Hetta. Voorwaar tant Sêra van Vleesbaai moet hom maar reghou vir nog baie toere. Een groot wonder van die aand: die paar spinnies wat nie stil-stil verdwyn het nie, slaap heerlik op die mieliegalery.

Vrydag. Moenie sê die BTK is sonder lewenslesse nie, want Vleesbaai se duwweltjies leer aan almal: moenie kaalvoet rondloop nie!

Dan breek die groot middag aan: groot in herinnering en groot in gestaltes, want dames met bonkige spiere en rugbydrag van twyfelagtige herkoms laat die harte vinniger klop. Skrum, skrum, skrum die Suide se dames kom. Die skrummende voorspeelster laat blou oë die lig sien en die Suide wen 9 – 0. Sou dit hul goeie rugby wees of die gedwelmde invloed van die mans se rugbytruie? Nogtans is die spirit hoog en ook die mans van die Suide wen 6 – 3.

Sand kruip die aand weer waar niks anders kan kom nie toe ons op die strand slee, maar moenie dit betwyfel nie dis ‘n diep slee of hoe oom Botter?

Saterdag breek die laaste stapdag van menige aan. Soos een man volg almal al singende Botter op weg na Gouritz. Die kort mannetjie se kort pad blyk toe van kórte duur en baie gou-gou is ons by Gouritzrivier. Góu rits almal hulle reg en met boontjie en eie stoomkrag vaar almal oorkant toe. Met die vooruitsig op twee bene laat Marié haar in die modder rondgooi en Guillaume “join” haar toe sommer van pure vriendelike simpatie!

Nadat die omie bak gestaan het agter die koeldrankkas word ons onthaal deur die tannie van die gemeente en het ons nie geëet nie. Spoedig was almal dik vriende maar ook net tot die volgende aand toe skielik ontdek is wie verantwoordelik was dat die manne amper hul beskutte stoep moes verlaat en dit nogal na sulke baie prosit wense “die kamp en die bar is langs mekaar, een dag in die kamp en ‘n jaar in die bar” en nie verniet nie, want die middag laat die manne die leeu brul. Dogter Lettelie se stroopbrode moes hulle toe maar weer soet seuntjies maak.

Toer sonder reën is uit en die aand moet daar inderhaas getrek word na die klein saaltjie bo-op die hotel. Die brak water laat hom geld en die bar is weereens die redding – gelukkig koeldrank die keer!

Sondag breek die laaste dag van die toer aan. Japie lei die diens die oggend en daar in die ope lug het ons weereens nader aan ons Skepper gekom. Die middagete was soos gewoonlik vreugde daarvoor en smarte daarna. Almal lê uit soos kerse en die wat die vol mae nie op die branders afry nie, soek ‘n slaapplekkie op. Ag foeitog.

‘n Fyn sifreëntjie drieg om ons die aand uit die slees te sif. Irene en Botter laat hulle geensins daardeur afsit nie, want hulle eet mos drop! Snaaks hoe lief almal skielik daarvoor is toe hulle ontdek dit kon van twee kante geëet word. Almal se harte is swaar as oor die twintig ou BTKners afstand neem en almal besef dat die tyd vinnig heen vlieg en hulle ook spoedig sal moet vaarwel toeroep aan tye enig in hul soort.

Tydens die terugrit Maandag gaan dit jolig en die myle vlieg terwyl elkeen ‘n kans kry vir item – afdoppende, verbrande gesigte soos kiewieteiers of te nie!

“This is your captain Finkelstein speaking from ze cockpit. To your left you can see the Langeberge and to your right the blue Mediterranian and to your front the Leeuhokke, but don’t worry you’ll be soon there.”

Ja, en so was ons voordat ons besef het weer dwars deur nog ‘n wonderlike toer.

Siertske Burema
(Sketsskryfster)

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui