Hermanus Toer

Tennyson se “Brook” sê:
Men may come and men may go,
But I go on for ever.

So ook het ons paartjies wat al amper fossiel-toeriste is, gevoel toe ons op Eersterivier die klomp nuwe gesigte rondom die intree-blik koffie beskou het. Onwillekeurig het ons gewonder wie van die klomp die grapmakers gaan wees, wie die baasstappers, wie die mense wat wa-ry aantreklik gaan maak, en eindelik vir wie die BTK sal beteken “Bok en Trou”. Besonder aangenaam was ons verras om dr Bobbie weer terug te sien in sy element, naamlik as beskermer van ‘n BTK-toer.

Die treinreis van Stellenbosch na Caledon het gou verbygegaan, deels omdat die volgepakte trein gerek het en dus die pad korter gemaak het en deels omdat sommige van ons die voorreg gehad het om saam met senator en mevr Langenhoven in ‘n kompartement te wees. (Tussen hakies, dit het ook gemaak dat ons in die koerant gekom het. Ek hoop ons neem beide die sleg-sê sowel as die kompliment van Neelsie ter harte).

Op Caledon was alles kant en klaar vir ons koms en gou-gou het ons begin stap. Die eerste 10 myl was besonder lank; die pad was taamlik eentonig en die toeriste nog wild vir mekaar; maar nadat ons verfris was deur ‘n koppie koffie van die vriendelike mevr De Kock, het alles weer goed gegaan.

Soos maar altyd die geval is op ‘n toer, was die grond die eerste nag besonder hard. Hierdie feit het twee baie goeie gevolge gehad: die een, dat almal die volgende môre saam kan kla en daar dus dadelik ‘n eenheidsgevoel tussen ons was; en die tweede dat twee van die toeriste die nag, terwyl hulle probeer het om ‘n paar kluite stukkend te lê uitgevind het dat hulle filosowe is.

Die stappie voor brekfis die volgende môre staan helder voor ons gees. Eers was die mis dik en donker sodat jy skaars jou maat goed kon sien. Stadigaan het dit ligter geword totdat jy hier en daar ‘n donker skaduwee van ‘n boom of ‘n huis kon sien. Alles was stil en selfs die voetstappe van die ander toeriste het weggesterwe en dit het gelyk asof jy en jou maat alleen gelaat was in ‘n wêreld van geheimsinnige skaduwees en deurskynende mis. Aan en aan stap jy sonder om te weet waar jy gaan of waar jy vandaan kom; tyd en sorg was vergeet; die teenwoordige was alles. Nie lank egter het hierdie salige roes geduur nie, want die honger het begin kna en verlangend het ons na die wa begin uitkyk. Maar tog het ons weer vir een oomblik verruk gestaan toe die mis skielik verdwyn en voor ons lê die pragtige vallei met sy heuwels en dale.

Die middag het ons moeg, maar baie tevrede met onsself, by Hermanus aangekom. Die volgende môre was almal vroeg op en het begin rondsoek na awenture. ‘n Paar het dit gekry in die see, ander op die rotse by Voëlklip, nog ander in die bosse langs die rivier, maar populêrste van alle plekke was die sandbank. Daar het alles uitgebroei, onder andere skiete, bloutjies, digterlike ontboeseminge en vernaamste van alles – pare.

Al te gou het die twee dae verby gevlieg en die Sondagaand kon die klomp amper nie sover kom om nag te sê nie. Dit was natuurlik te danke aan die gevoelens en sensasies wat gewek was deur mnr Anderson met sy viool.

Sopnat stap ons Maandagmôre oor die strand. Van bo sous dit asof dit ‘n tweede sonvloed is en kort-kort kom ‘n brander so ongemerk om in die enigste droë plekkie van jou klere te kom skuil – maar die BT-Kaners stap maar voort asof Die Kelders die einddoel van alle ideale is. ‘n Paar minute later, droog en uitgerus, bewonder ons die son terwyl hy in die see wegsak. Die reën is verby, die lug helder, die see kalm en selfs die golwe klots halfrustig teen die rotse. Nou sien ons dat die reën goeie werk verrig het want almal waardeer hulle droë klere en die warm sop.

‘n Dag later neem ons afskeid van die see en trek die binneland in. Waar die see ons bekoor het met sy uitgestrektheid word ons nou verruk deur die eindelose heuwels en dale van die land. Na twee dae se stap kom ons by Fairfields, die plaas van majoor van der Byl, en watter verrassings wag ons nie daar nie! – ‘n heerlike grasperk om op te kamp, ‘n swembad, ‘n pragtige omgewing en vernaamste van alles, ‘n skaap! Ons voel amper skaam as ons dink aan al die vriendelikheid van die Majoor en sy vrou en al wat ons kon doen was om te sing “En hy’s ‘n lekker kêrel!”

Die volgende dag het die toer sy klimaks bereik toe vyftien van die toeriste die moed gehad het om die laaste vier myl af te marseer. Alhoewel hulle hulself daarna moes laaf met ‘n emmer water en ‘n half dosyn appels elk, het hulle hulle name verewig.

Die aand het ons vir oulaas om die kampvuur gesit en mekaar vergas op sangstukke, voordragte, en dies meer.

Onwillekeurig het ons teruggedink aan al die aande wat ons so deurgebring het, aan al die sluimerende talente wat tot ontwaking gekom het, aan die humor wat ontdek is in die toegegroeide seil van ‘n stoker, aan die redenaarsvermoë van mense wat ‘n “catch” wil maak en ook aan die stemme wat nooit gehoor was nie. Almal was traag om afskeid te neem en alleen die gedagte aan ‘n re-unie het sommige die aand sover gebring om te gaan slaap.

Op die trein van Rietpoel na Stellenbosch kom ons vir die eerste keer tot die ontnugtering dat ons studente van die Universiteit van Stellenbosch is. Tien salige dae lank het ons dit vergeet, het ons nie geweet daar bestaan so ‘n ding soos ‘n professor, ‘n koshuis of ‘n eksamenkamer nie. Nou kom alles met rasse skrede terug en toe ons op Stellenbosch se stasie stilhou, sak ons toer-entoesiasme in ons skoene. Alleen die Pieke, fier in al hulle prag, het ons gevoelens verstaan en ons hartlik verwelkom.

Half aan die slaap, in ‘n spierwit bed lê die BTK-toeris. Voor sy geestes-oog trek nog vir oulaas ‘n paar beelde verby – mevr Vermaak, wat deur Frikkie oor die kole gehaal word, dr Bobbie wat die “goose step” demonstreer, ‘n lelike ou beker koffie, ‘n historiese sandbank en dan niks meer nie ….

M van Rensburg

‘n Relaas van die Caledon-Hermanus-Napier-BTK-Toer

KARIKATUUR VAN DIE 62 TOERISTE

PROLOOG:
Gy weet het groote nieuws, en, hoe daar’t nieuwe licht
Van Theologen, Filosofen, Striepnotomen,
En andere oomen,
Wy eerlang hier op Stellenbosch de Berg Toer sticht?
Geduld maar, hongrig hart en hongrige magen?
Joernaal gaan duurt in ellef dagen!

ALBERTUS POTGIETER:
Hoe goed ‘n Gieter ook al is,
Hy word geen Bok, dit is gewis.
Sy hart is nou opsluit geséke,
Albert die noem die Gieter, Speke.

ANNA VAN WYK:
Hoe trots die kop; hoe skeef die kyk.
Die antwoord op die som is, Wyk!

AT VAN NIEKERK:
So gaaf soos ‘n nooi kan verwag,
vir ‘n huwelik,
Maar so onkerks soos die duiwel in die nag.
Gruwelik, afskuwelik.

ANNECI JORDAAN:
Te stappen met haar dierbare twee
Val weemoed en genot.
Te blommen maar met elke tree
Verhuizen is haar lot.

BULL RODE:
Verstandig is’t van tys tot tys,
geen teedren sterker bande,
Die’t asms Rode en vleit
te schudden van de hand.

BOKKIE KRITZINGER:
Sit die aasvoël op die krans,
Kruip die Bokkies in die skans.

BARBARA KUUN:
Die blos van onskuld op die wang
is wat die hart van Toerders vang.

BOBBIE WILCOCKS, DR:
En’s middernachts voor de tent,
Klonk reeds de stem der boden.
Ontwaak1 O waterdragers!
En volg ons naar de broden!

BEN VAN WYK:
Getrouheid in die grootste merk
Maak vir die kleinste taak hom sterk.

BENNIE MARAIS:
Lach en sein, ziedaar de troost
Volgt een Toer op aarde.
Blik in’t rond, doch wyd zyn vlyt
Net aan’t spekuleren.
Bentje heeft hy zoveel tyd
Tot filosofileeren!

COR ZONDAGH:
Sy mens dat aldag Sondag was
En Toere in die weeke.
En loop en slaap haar ambag was
Dan lag sy nooit ‘n steek.

DE WET LATEGAN:
Al wat hy eet of drink of sien,
Geen gryn daarvan het hy verdien.

CHRISTIE FERREIRE:
Wie naar haar staren, staren naar
hun beiden.
Als waren zy gelukkig en verloofd.

LINK SWART:
Het is met goed, dat me op deez’ toer
Te Koetsen al té zeer!
Aan Kikker Swart, aan kyk of loer,
En dingen van’t Weleer!

DOLLY VAN NIEKERK:
Ag hoe heerlik, hoe begeerlik,
is die liefdeswyn, waarvan haar hartjie pyn.

FERRIE FERREIRA:
Die skaterlag van die daeraad,
verstrooi die skaduwees van die nag,
en die laggende gelaat die donker sorge
van die toer!

ERICA LUTZ:
‘n Sagte kind dat zint ze niet?
‘n Zoete soentjie dat lust ze niet?

FELIX JOOSTE:
Hy’s bewonderlike koddig
en sonder sondes.
Maar ongeduldig en kortgebonde.

FLOSSIE KOCH:
Die Flosagtigste spinnewiel,
sit op die bodem van haar siel.

FRED KRIEL:
Als de toerstertjies zich paren;
Aanstonds delen zy hun nest.
Zonder zorgen of bezwaren,
Zonder kommer voor de rest.

HESTER MARX:
Toer hingen die lokken,
hem over de vingers gebogen.
Als trossen gôn-negen,
voor Zyn Magestraat gevlogen.

UITENHAGE FERREIRA:
Word nooit moeg nie,
nooit moedeloos nie,
nooit meedoëloos nie,
nooit boos nie,
nooit treurig nie,
nooit siek nie,
behalwe in sy slaap,
wanneer hy alles tegelyk is.

HATLU ROUX:
De man denkt over het leven,
het leven denkt in de vrouw.

HENDRIK PEPLER:
Hy’s goed en ryk, maar sieklik rond
Verlep en verblyk, Bewerig en koud.

HERBERT MARKOTTER:
Hy’s sonder gloed, en sonder vuur
Hy’s nooit nie soet, maar altyd suur.

INEZ GERBER:
Hoe swart die kop, hoe vol gevaar
Die Lampie pand is immer daar.

ISAK WESSELS:
Daar is geen klagte nie;
het die kroon gesê.
Daar is geen oortreding nie;
het die wet gesê.
Daar is geen vonnis nie;
het die juts gesê.

INA LOTZ:
En’t krinklende winklende toere kins
met ‘t kakie karokkeken aan.
Zy wryfde en zy koestte,
hare neusjes flink
en ze bleef daar ‘n stonde staan.

IRéNIE HEYNS:
Blonde Barhoren te kazen;
prukyes maken dominees.
Van wie vraeger losser waren,
Dan studenten op een sjees.

JAN BOTHA:
Hy gee nie ag op die minute nie,
omdat hulle ure word.

JOC SMIT:
On a sandbank near the sea,
who loves to lie with me?

JAN KLOPPER:
Hoort het:
Clarem et venerabile nomeer.
Verstaat het:
An illustruous and honoured name.

JESSIE VAN RENSBURG:
Sy vryf dit in met sout en salpeter,
Woordhou is goed, maar mondhou is beter.

KOOS STEYL:
Corruptio optimi pessima.
en mag ons byvoeg et faallima:
Die laagste steilte,
en die maklikste styl, is die
van Kosibum Steyl.

LENA OLIVIER:
Maar ootmoedig en bescheiden
En heminlik en bemind.
Vrede en vreugde te verspreiden,
Als een arme Berg Toer kind.

LOUW JOUBERT:
Come away, come away BTK
And in sad sandbank let me be laid,
Fly away, fly away, breath
I am slain by a fair cruel maid.

LILY SWART:
Haar hart, het is een wonderding,
‘t is wit en swart.
Zoo goed, zoo zacht, zoo zonderling,
Presies – een Lillie hart.

LAMBINON:
Een skeibrief, het soos ‘n basaal
was nie “van den beginne” daar!

MARIE GERDENER:
Al die Toergebooie word oortree,
maar hierdie een word onthou,
dat sy Toere en Kritte sal verlaat,
en haar man aankleef.

MARIEKIE KRUGER:
Hoe stemmig sit die kat konsuis,
As sy haar klou het op die muis!

MAGRIETHA DAWIDZ:
Tant Grieta seg dat Ferrie Piet,
Jou pyn die gouste laat verskiet.

MARTHA ELS:
Met sang of met dreuning,
met gal of met heuning.
In die lig of duister, of sy skroom of sy fluister,
Of sy goed is of kwaad, sy hou aan met praat.

MARIE VAN RENSBURG:
Van alle kante, van die osse van die waens,
van die rotse aan die strande,
van die kranse en uit die klowe,
was daar een klein gekwaak van Kikker ….
Kikker …. Kikker ….

NIC PEPLER:
Ek was feitlik byna amper dood,
toe kry die vroumens my in die skoot.

OLGA PIENAAR:
Hy wilde zeggen hoe hy haar beminde
en alles wat hy zeide was “Volgen Bootman”.

PIET SCHOEMAN:
Sy vriendelikheid is goedkoop;
sy vriendskap is duur;
die eerste kry die mens;
die tweede die dier.
Sy vriendelikheid in die blomme;
sy vriendskap in die Love Call.

SAMPIE GREYLING:
Het scheidingsuur van tranen en gefluister;
Vlamt door de ziel, die scheiden mensen leert.

SARAH MINNAAR:
En door’t gebladert fluit de wind,
Ha’ha’zegt de Heukeryt:
Wat deert je, lieve gertje! en
Vanwaar die tande byt?

SARAH GELDENHUYS:
Haar hart is als de zee
‘t heeft storm en ebbe en vloed
bok boren vindt gy diep,
maar diep in haar gemoed.

SOPHIE KRUGER:
It is folly to be wise,
when innocence is bliss.

PRIMARIUS HIEMSTRA:
Hy menschte, hy ware een dikkes reus
Geboren Stoisyn ‘t leven rond!

SADIE OLIVIER:
De lieve kind, ze is verliefd
Wat jok – wat wrok – wat mok ze?
Reeds slaan de vlammen van haar hart
Door haar nieuw – modisch rokje!

THEO SCHEFLER:
Elke kampvuur brand ten koste van wat hy verteer;
die honger brand nie uit nie –
Al smullende verhonger hy sneller
in sy eie kun(q).

MEV VERMAAK:
De gustibus non disputandum,
welke overgezet zynde aldus luydt –
Verskillend is die smaak, o ja,
een lyk die dogter, een die ma.

PIENAAR:
As daar niks van agter is nie,
dan is daar honderde van voor.

WILLEM ESTERHUYSEN:
Wie Joslien verwar met Natalia,
sien ‘n engel aan vir ‘n aap.

WILLEM LANDMAN:
Dulce et decorum est pro patria mori,
alias, dis aangenaam, dis heerlik, dis soet
om Lampen aan te dalt.

WILLOWBOU VAN DER SPUY:
As kok en koksmaat rusie kry,
Weet jy waar het die Spek gebly!

WENA SMUTS:
Haar zielsgeheimen weten,
Drie plekjes in het bosch.
Daar zy zoete vuurtjies sleten,
Op’t gewig, kraken mos.

FRIKKIE MINNAAR:
Dis Al.

EIPILOOG:
Vaarwel nu zandig strand, en kampen plassen.
My Berg Toer Land, dat ik daar achterlaat,
Waar bosschen … en … vergeet … my … sielen
wassen.

No II Tenen Toersonnetten

I – INTREDE
Lang rekt de toer en sweep en os’wagens
Die rammelde om ‘t zware vracht te torsten,
Bespieden daar een berg teren avonds,
Waartegen, een dorre krans van lava.
Gelyk te middernacht een Bokje kust,
Zoo zoekt de os – waar nacht en grasjes bloeien,
Om uit te rusten, nu het slapen is –
Den pol, die wuift, voor waar nooit sprietjies groeien.
‘t is of die dungerekte osseplanken,
Die zevelgen wil al wat bokt en blokt,
Den mensch met puilens – barsters ogen danken
Troals mens voor een retske bruidje juicht,
Zincht allen, en wilden juist dien toer gemaken
Wy gaan – en nergens is, wat stappers buigt.

II – RIVIERA
Gelyk men baaiers springen door de boren,
En’t negen knikkens ogen houdt gesloten,
En al wat zong en dronk is gaan baljaren –
En roken uit de tenten is gesloten ….
Zoo is het hier, waar mens geen blik kan slaan
Op iets, dat meent, en tweedracht is gesproten
Wit sandde hark; waar mens zich voelt verslaan
En met, dan vingers om’t oog laat krommen.
De arm, die rust, ligte lagor aan die wekt,
Sodat kommissie-waaksaam wykt ter zyde,
Terwyl zy, of hier foneken zyn, met kerkt;
De mond, die hut en zingt, baart, waar ik wende
Een klappend slag, en …. sig, klam van regen,
Is daar een natte mante, dien ik kenlik kende.

III – SANDDUINEN-KELDERS
By ‘t klammens, kletrens klapper der toerzeil,
Welks druplen rugwaarts volden hy’t kronkelend stygen,
Tie’k stipsels stappers hygen, lopers rygen,
Wier frisse jeugd heins zinkt tot ondsheid peil.
Het hygt, het hygt, van spoor tot spoor; aanskouw
Hoe langzaam stappers langs de duinen kruien,
En vollend rollend neerzinkt aan de duinen,
En worden tot een hoopske bibbrens blouw.
Wat sonp, lest, wat daar komt, en melhaast zullen
Zy, sonnekeenen tot een eenwige rei,
Gekaar betrappen, en met liefd het dulden.
Zoo gernebekt in duinen ver in stok – ons wil
Zoo kwom de toer, de kelders wat bebulken,
En kreeg bevloois de leege kamers schuil.

IV – GANSBAAI-MOND
Hier is ‘t wachtens Gansenbaai een morren
En’t wondlen en’t bablen! – Langs rotsig stranden
Komt uit de verre vlakte een bosch geborlen,
(Gelyk een kampplaatsl) en weeft minnefratsen.
Al nader kwom de bosch:
‘n groene bogen
Golft groene gras door it gapend mond oor bomen
En doet ‘t jongbui met bokkesprongen vlogen,
Die sprongen, en …. de nek knakt trageseit sonder doods.
In draagt men hem voorzichtig naar de tenten,
In sjript de arme man daar in den nood,
En langsaam breekt aan bosten kim den morgen,
En staamlend steunt by Dokter ‘t was feitlik dood.
A, At! Gerbéra …. aai, ik zie ‘n beeld met meen,
En moet van ‘n, maar thuiswaarts liggens moren.

V – MAJOOR – ZWEM -HOFZITTINGEN
(PIET VAN DER BYL, FAIRFIELD)
De lang Majoor! – met aandocken goed beschoren,
Is ver van skuurchin streken, goed en gaaf.
Die eeten, eeten dertig braden, gaar,
Maar vondt in zwemplaatst ‘t diepst bekoren.
En om’t kretrins avondvuur gelegen
Waar elke oog, die ziet, in aangeklaag se merkt
Om met “in zeit in’t boks!” en ten merkt
Het straf geveldt, die slapen – duld en kregen.
En daar waar florietaal nooit in kan brullen,
Waar nooit ‘n manne oog een vrouwske zal
Schynt zich een vrouw gevaart in een te brullen.
Wat of dat honsten toch hedmeen mal ….
Wat proesten, dat de burgen wederbrullen ….?
Uit tenten en gebrigt stygt een kermend, “ach”!

VI – MUILWAGEN – LAATSTE AVONS
O, Vrydag! – Ob in Crygwagen met muilen,
Wat is heladen met kreuplen en krouken,
Is it,k of it dorne aard zijn kont wil broken,
En, wat daar valt, met wielen dreigt te pletren.
Geen toer noch voor, geen na; ‘t laatste nacht
Zingt zijn meeën; eeuwige tranen rolden
Over de wangen en kin; de grondboon kraakt;
De traan doet pink op pink in de ogen worden.
Dat storrenhemel ruim, dat de ziel heklent,
Die leegte, die daar gaapt in de hartekelders ….
Een raakgeketscht, oneindig list gevergd!
Daar knersten tanden, of en in de wagen ….
Ongeketscht! …. Relling glydt door it bloed, dat stolt ….
En serig droewe hart zinkt weg in it slapen ….

VII – HET RYK DER SOUVENIERS
Een tjierp-gefluit, de trein stroomt binnen, droomen
Verward in it herzenen van ‘t reisiger,
En hersenkimmen, duizend nare spooken ….
‘t is alles zoet en zuur, nenyniger!
De qeert der toer, die dat leeft voorgebrachk
Doer lacht in zucht langs lange kraklend megen.
Gy, ryk der souverniers, daar wy slechts tracht
Maar rust en kust, schept bauma bloutjies weg.
Leen hy zyn ziel aan my, en zy aan my –
Wy zyn gereed:
wy zyn zo dicht maar ver
Op Stellenbosch als bok en schaap geschei.
Berg Toer Klub:
kan my zeggen, wat my kregen;
My kregen, omdat my liefde uit kon geven,
Wy kregen nimmen-kussen, slapen dutten, eten
drinken, onbespreken.

F Minnaar

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui