Tafelberg-Uitstappie

Deelgeneem 47 lede.

Onder dr C.J. Grobbelaar as Kaptein en mnr D.J. de Vos as gids vertrek die groep per lorries om kwart-voor-ses voormiddag uit Stellenbosch. Op Kloofnek aangekom moes die seksie wag vir die kind van Ford wat nie kon byhou nie. Omtrent negeuur gaan die tog hiervandaan al met die pyplyn aan die westekant van die berg. ‘n Panoramiese uitsig oor die Glen en Kampsbaai is so ‘n voorspooksel wat die dag gesien gaan word. Die see met sy skuimende golwe die kus ombuigend, met sy kleurverwisselinge van groen-geel tot diep-donkerblou lok die hart van die toeris en hy wil juig, hy voel hom een met sy groep – die natuur bind die mens saam en hulle is ‘n gemeenskap waarin die ontsierend, onnodige formaliteite, die selfverheffing van die saamgepakte mensebestaan oorbodig, onmoontlik is.

In ‘n streep gaan die groep – tot aan die uitdraaipaadjie by Blinkwater halt gemaak word vir oggendete – inderhaas gekookte koffie, word net so warm as die blikgehalte van die kele van die toeriste toelaat, weggeslaan en weg is dit weer met die voetpad uit. Die geesdrif eie aan bergtogte van hierdie geaardheid gryp ons seksie aan en gou is daar ‘n byna onmerkbare mededinging in die klim – dit is asof in die skoonhede rondom die mense gees in verbasing toeslaan en hy sy bewondering wil uit op ‘n buitengewone inspanning – nie ‘n uitasem inspanning nie, wat hom doof en blind laat, algeheel onverskillig laat, algeheel onverskillig teenoor die prag van die omgewing nie, maar om wat die bloed net vinniger laat stroom, en wat die besef van selfvertroue en vryheid in hom laat leef – al hierdie skoon is ons eie, ons mense s’n, ons Suid-Afrikaners s’n.

Die eerste plato word vroeg bereik – die suidweste wind kom miswolke aandra en die top is bedek met ‘n klammerige koue mis -maar nie dig nie. Elke nou en dan gaan dit oop en ons het ‘n gesig van die hele skiereiland – al rondom van Kaap-punt tot weer by die punt, oor die vlaktes aan die ooste lê misbanke wat vorentoe skuif en elke keer nuwe samestellings van randjies en koppe, van voorstede en bosse vertoon – oor die see lê die persagtige gordyn waaruit die misbanke aanhoudend uitkom en oor ons heen drywe. Die stad lê stil hieronder, selfs geen wolk is te beken nie – ‘n mierenes kompleet.

Oor Leeukop lê Robbeneiland, ‘n rotsholtetjie in die groen see omsirkel met ‘n wit sandstrepie. Alles saam vorm dit ‘n geheel ‘n onvergeetlike indruk .

Die twee lorries kry ons weer by Kirstenbosch waar ons langs afgegaan het, en met ‘n draaitjie Grootte-Schuur om toer ons weer na die Eikestad, waar ons agtuur beland – iedereen hoogs voldaan met wat hy gesien het van Tafelberg.

J S Klopper

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui