Category Archives: Sketse

Na elke toer word daar ‘n ‘skets’ geskryf wat ‘n opsomming is van alles wat tydens die toer gebeur het.

Gala 2016

Foto: Dané Eloff

Gala: 18 November tot 24 November

’n Skets van gebeure deur Dané Eloff.

Dag 1 (Busrit van Stellenbosch tot Gouritzmond):

Dit is dag een en duidelik dat ons die vakansie voel, jy weet, die manne dra kiste aan en sit net hand hier en daar by (dra tog vir ou Koos met respek). En die meisies bondel en ontmoet en kort-kort skiet plesierkrete in die lug op, eie aan ’n meisiemens, oor ’n Tygerberger en Stellenbosser mekaar weer sien.

Continue reading

Gifberg 2016

Foto: Piet Smit

‘n Skets van gebeure deur Marianne Breytenbach

Gifberge (3-7 September 2016)

Dag 1 (3 September):

Na ingenieurs- en Brek week is min slaap al ʼn gewoonte. Daarom is dit maklik om 4uur op te staan, reg vir nog ʼn BTK toer. Of so het almal gedink, maar dit was duidelik nie die geval vir Fritz Buhrmann nie. Na ʼn klomp oproepe en Janneman se ouers wat na sy huis toe gery het, kan die bus uiteindelik kwart oor vyf vertrek.

Ons stop langs die pad en maak reg om te begin stap. Wilma verjaar en die eerste toeriste word sommer vining bekend gestel aan ʼn paar BTK tradisies. Ons jongste liefde, Tanja en Jandré, verduidelik skiet. Christiaan vertaal vir ons internasionale studente en David doen gebare taal. Dit is wonderlik om vir ʼn slag ʼn toerma te hê vir die ordentlikheidspraatjie en daar word geKoning.

Continue reading

Amatola 2016

Foto: Piet Smit

‘n Skets van gebeure deur Marianne Breytenbach

Dag 1 (9 Julie): Busrit in die aand

Daar is ʼn miete dat BTKners daarvan hou om op te staan nog voordat die son op is. Die miete is verkeerd bewys toe al die toeriste een vir een 4 uur die oggend aangesluip kom. Ons bid vir die pad en dit voel skoon vreemd soos 22 studente in ʼn 60 sitplek bus klim. Vir die ou toeriste is die busrit die perfekte geleentheid om in te haal op al die vakansie stories en so hou hulle die hele bus ook wakker.

Continue reading

Twee Riviere 2016

Foto: Wolfgang Erb

‘n skets van die sameLOOP van gebeure deur Delene Bezuidenhoudt in samewerking met Miriah Smith

Dag 1:

Ons begin weereens ons toer vroeg-oggend op die Neelsie se parkeerterrein met ‘n geskarrel in die donker aangesien almal se kopliggies reeds ingepak is. Kospakkies moet verdeel word en laatkommers  moet wakker gebel word, maar uiteindelik daag Frederik op en val ons vrolik in die pad. So tussen die gesels en gespot en gelag, ontvang Suzaan en Cathanja ‘n les oor wat ‘n goeie pun is en probeer almal maar ‘n laaste uiltjie knip – party om die vloer, ander dwarsoor die paadjie en meeste heel normaal op hul bus-buddy se skouer. Die bus laai ons net na Vanwyksdorp af, in die hart van die Klein Karoo. Almal se rugsakke word reggeskuif, skoene word vas geveter en Kobus roep almal bymekaar. Jandré verjaar, soos die hele bus afgelei het van sy oorvloed padkos, en daar moet darem eers ordentlik volgens tradisie geluk gewens word. Continue reading

Tsitsikamma 2016

Foto: Hein Gericke

‘n Skets van gebeure deur Marianne Breytenbach

Dag 1, 19 Maart 2016

Op ʼn Saterdagoggend vieruur is die normale  Stellenbosch student besig om die stres van ingenieursweek en ander toetse af te slaap, maar die BTKners is besig om die bus te laai. Vandag maak ons defnitief geskiedenis, want die bus vertrek twintig minute vroeër as beplan. Ons maak wel op vir die tyd wat ons gewen het, want ons stop in elke dorp om al die verlore skapies op te tel. Continue reading

GALA 2015 Waenhuiskrans (Arniston) na Uilkraalsmond

Foto: Wilmarie Gericke

‘n Skets van gebeure deur Marianne Breytenbach

Dag 1: Windverwaaid

Vakansie is hier. Ure agter die boeke het uiteindelik, na wat voel soos ‘n ewigheid, tot ’n einde gekom en gala het aangebreek. Dit is omtrent ‘n geboer soos 100 studente ou vriende groet en nuwes ontmoet. . Die busse isgelaai en ons almal staan in ‘n kring terwyl ons bid vir die pad vorentoe.

Continue reading

Oranjerivier Roei April 2015

11169525_10206572846259392_7072583798358150990_o‘n Skets van gebeure deur Chantè Jansen van Vuuren

 Maandag, 6 April 2015

Dag 1: “Welkom in die Karoo. Hier boer ons met klippe.” – A.N.

04h00 op ‘n Maandag kom ons by die Neelsie bymekaar. Ten spyte van min (geen) slaap is ons ‘n geesdriftige groep en die busse is vinnig gelaai, toer lyste uitgedeel en name afgemerk deur Marnelia Scribante. Natuurlik kan alles nie perfek afloop so vroeg nie, en Leentjie Visser sowel as Californian Will Edman keer albei dringend terug koshuise toe vir die belangrikste item op ‘n Namibiese reis – PASPOORTE.

Continue reading

Die Sleerowers van die Wildekus

Wildekus

Foto: Johan Wiid

deur Anchen van Dyk

Hierdie toer begin met ‘n lang busrit; eintlik nee, dit begin met ‘n toerlys wat Karen en Gerkie laat aand besig hou, dit begin met ‘n ‘sleepover’ van 7 mense in ‘n 2 man flat. Okay, almal weet dit het eintlik begin al lank voor die vakansie, voor daar eers ‘n toerlys was, begin dit met Elizabet Swaan, Captain Hook en Langjan Silwer wie ons uitdaag om by hulle te kom kuier  in die Transkei. Continue reading

Disney’s BTK Sleeping Beauty Junie 2014. Directors cut

sleeping beauty

Foto: Wilmarie Gericke

deur Anchen van Dyk

Dag 0: Wakker slaap

Dit voel totaal ontwerklik dat die eksamen verby is en dat die eksklussiewe Sleeping Beauty toer uiteindelik aangebreek het. Na die eindelose whatsapp gesprekke gelei deur “by-naam-boffin” Gustav Wiid kan ek nie wag om almal te ontmoet en Karen -“skryf nog eksamen”, se toerlys uit te deel nie. Die toer begin so rustig, met ‘n groot getal van 30 mense, voel die van ons wat plek gekry, het net te bevooreg. Veral Devan de Lange wie op die laaste nippertjie in gekom het, danksy  Hannes se: “Ek haat herre” Myburg, sorry Wilmarie “waar is Hannes” Gericke. Some sacrafices had to be made. Maar die perfekte toer is uiteindelik hier. Met sy koekbak resep indelings. Continue reading

Outeniqua April 2014

1617307_10152271914622383_173082193_odeur Anchen van Dyk

Dag 1: Ons mis niks nie

Dis middernag, die dag wat die BTK Outeniqua staptoer begin en as jy ‘n verantwoordelike BTkaner is soos Anchen van Dyk en Karen van der Linde is jou stapsak al lankal gepak en is jy nou besig om te slaap, maar kom ons weer realisties. Toe 03:30 aankom is ons sortvan betyds vir 04:30. Dit voel asof ons niks geslaap het nie maar, darem het ons genoeg tyd en brein krag gehad om vir Magriet Muller oplaai en veilig tot by die busse te bring. Continue reading