Berghut

Die BTK het ‘n Berghut net buite Hermanus, klik op die volgende opskrifte vir meer inligting.

Geskiedenis van die Berghut

In die sewentiger jare is daar ‘n berghut in die Banhoekberge gebou. Die hut was deur Paul le Roux ontwerp en het baie ure en harde werk van die BTK gevra. Die hut was baie gewild en is gereeld besoek oor naweke en vakansies. Om die hut te bou is ‘n paar toere soontoe gereël. In 1999 het die hut in ‘n veldbrand wat deur die hele Banhoekberge getrek het afgebrand. Dit was ‘n groot slag vir die BTK.

Die BTK het egter na 10 jaar toestemming gekry om ‘n nuwe Berghut te bou te Wortelgat.

Hoe om te bespreek

Hierdie vorm moet sorgvuldig deurgelees en ingevul word : Besprekings vorm

 

Privaat Berghut Naweek

Indien enige iemand die BTK Berghut vir ‘n privaat naweek wil bespreek, word die bespreking direk deur Wortelgat hanteer. Alle betalings word direk aan hulle gemaak en besprekings vorms word aan hulle gestuur.

Die BTK aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige gebeure tydens ‘n Privaat Berghut Naweek

Die kontak persoon vir laasgenoemde besprekings is Riann Kruger (algemene bestuurder by Wortelgat).

Riann Kruger
Tel: 028 3410666
Fax: 028 3410777
info@wortelgat.org.za
www.wortelgat.org.za

Hoe om daar te kom

Vanaf Kaapstad op N2

  • Neem N2 oor Sir Lowry’s Pas en Botrivier. Neem die R43 links na Hermanus/Kleinmond
  • Volg R43 deur Hermanus na Stanford
  • Sowat 10 km buite Hermanus sal jy ‘n bordjie sien op jou linkerkant vir Crystal Kloof
  • Draai in by die hek en volg die aanwysings na die parkering

Vanaf Swellendam op N2

  • Neem R326 na Stanford / Hermanus – ongeveer 11km na Riviersonderend
  • Ry reguit tot by Stanford – ongeveer 50kms
  • Draai regs by Stanford (rigting Hermanus) op R43 en ry vir ongeveer 8 km totdat jy ‘n bordjie sien op jou regterhand vir Crystal Kloof
  • Draai in die hek en volg die aanwysings na die parkering

Laai die volgende pdf af vir maklike aanwysings met foto’s asook waar om te parkeer en hoe om by die hut te kom: Berghut Aanwysings.pdf

Fasiliteite

  • Slaapplek vir 32 (12 beddens en 20 los matrasse)
  • Braai area
  • Eco Toilette
  • Koue storte
  • Hout stoof
  • Gasstoof, potte en panne (slegs BTK lede)
  • Ligte (deur son panele)

Gedragskode

Almal wat die Berghut besoek moet die volgende gedragskode gehoorsaam:

  • Verkry toestemming om dit te besoek
  • Rus jouself behoorlik toe om te loop en te klim
  • Trap liggies op die grond
  • Neem niks anders as foto’s nie
  • Laat slegs voetspore agter
  • Moet niks doodmaak nie
  • Wees vriendelik en bedagsaam teenoor mede besoekers en bure
  • Respekteer ander mense se behoefte aan privaatheid en stilte
  • Help ander stappers in nood
  • Vermy die maak van vure, slegs klein vure in aangewese vuurmaakplekke
  • Gebruik gevestigde paaie en vermy kortpaaie
  • Vermy rommel en besoedeling
  • Swem stroomaf van water versameling punte
  • Moenie swem direk nadat sonskerm opgesit is nie
  • Help met die uitroei van indringerplante
  • Beskerm inheemse spesies deur jou troeteldiere by die huis te los
  • Geniet die vrede en skoonheid van die omgewing

Foto’s