Yearly Archives: 2014

Die Sleerowers van die Wildekus

Wildekus

Foto: Johan Wiid

deur Anchen van Dyk

Hierdie toer begin met ‘n lang busrit; eintlik nee, dit begin met ‘n toerlys wat Karen en Gerkie laat aand besig hou, dit begin met ‘n ‘sleepover’ van 7 mense in ‘n 2 man flat. Okay, almal weet dit het eintlik begin al lank voor die vakansie, voor daar eers ‘n toerlys was, begin dit met Elizabet Swaan, Captain Hook en Langjan Silwer wie ons uitdaag om by hulle te kom kuier  in die Transkei. Continue reading

Disney’s BTK Sleeping Beauty Junie 2014. Directors cut

sleeping beauty

Foto: Wilmarie Gericke

deur Anchen van Dyk

Dag 0: Wakker slaap

Dit voel totaal ontwerklik dat die eksamen verby is en dat die eksklussiewe Sleeping Beauty toer uiteindelik aangebreek het. Na die eindelose whatsapp gesprekke gelei deur “by-naam-boffin” Gustav Wiid kan ek nie wag om almal te ontmoet en Karen -“skryf nog eksamen”, se toerlys uit te deel nie. Die toer begin so rustig, met ‘n groot getal van 30 mense, voel die van ons wat plek gekry, het net te bevooreg. Veral Devan de Lange wie op die laaste nippertjie in gekom het, danksy  Hannes se: “Ek haat herre” Myburg, sorry Wilmarie “waar is Hannes” Gericke. Some sacrafices had to be made. Maar die perfekte toer is uiteindelik hier. Met sy koekbak resep indelings. Continue reading

Outeniqua April 2014

1617307_10152271914622383_173082193_odeur Anchen van Dyk

Dag 1: Ons mis niks nie

Dis middernag, die dag wat die BTK Outeniqua staptoer begin en as jy ‘n verantwoordelike BTkaner is soos Anchen van Dyk en Karen van der Linde is jou stapsak al lankal gepak en is jy nou besig om te slaap, maar kom ons weer realisties. Toe 03:30 aankom is ons sortvan betyds vir 04:30. Dit voel asof ons niks geslaap het nie maar, darem het ons genoeg tyd en brein krag gehad om vir Magriet Muller oplaai en veilig tot by die busse te bring. Continue reading

Gala 2013: Grootbrak – Jongensfontein

1460191_427283180734419_921186414_n

deur Anchen van Dyk

22 November 2013

Dis die einde van ‘n lang eksamen (vir meeeste van ons) en die opwinding van die beste BTK Gala het nog nie heeltemal ingesink nie. ‘n Uitgeputte Saskia Thomas sleep haar sakke oor die gruis, maar gelukkig kom die ma-wa onverwags tot haar redding. By die neelsie staan daar reeds ‘n paar eager beavers gereed vir vakansie, maar parkeer area is maar busloos. Continue reading

Maskamberge September 2013

1274734_10202157679162974_1490751356_o‘n Skets van gebeure deur Jacomien Hauman, vir oulaas

 

Saterdag, 7 September

Thousands of tired, nerve-shaken, over-civilized people are beginning to find out going to the mountains is going home; that wilderness is a necessity

― John Muir

Dis die einde van die sogenoemde sosiale kwartaal. Dit was ‘n kwartaal van huisdanse, ser-kyk, HK-verkiesings, baie reën en sneeu op die berge. Die kwartaal was vol dinge, toetse, koffiedates, laataandkuiers en sperdatums, en maak nie saak hoeveel plakkate of e-posse daar was nie, jy’t nog steeds vergeet om kwota op te laai voor die 30ste Augustus. Continue reading

Oorlogskloof Junie 2013

1011133_10151420228706207_371193904_n 1002259_10151420238686207_573856352_nDie oorlog teen die kloof en die koue…                                                                                           ‘n Skets van gebeure deur Jacomien Hauman

Woensdag, 12 Junie

Dis ‘n groep van 60 opgewonde studente wat vanoggend 6:00 by die Neelsie bymekaar kom, want glo dit of nie:  dit is al nege maande sedert die BTK ‘n rugsaktoer gedoen het!  Dié wat nog besig was om wakker te word van hulle post-eksamen-nagrus is vir seker nou wakker, nadat toerleier MD Greyling sy fluitjie geblaas het om almal te laat aantree. Net jammer die fluitjie was nie hard genoeg om Hendri Bruwer wakker te kry waar hy nog lekker warm slaap in sy bedjie nie.

Daar heers ‘n paniekerige chaos oor kossakke wat êrens tussen gistermiddag se pakkery en nou deurmekaar geword het en daar word rondgeskarrel om seker te maak elke groepie het darem ‘n bottel Marmite, ‘n sakkie suiker en ‘n brood of twee. Uiteindelik het elkeen sy kossak en word daar eintlik saggies gewroeg oor die kos wat wel gekry is, want waar moet mens nou plek kry vir hierdie Pick ‘n Pay sak?! Nietemin, jy druk die sak êrens in en hoop maar die brood bly heel, vat jou sak om gelaai te word en kom staan weer om volgende instruksies te kry.

Ons kon 7:13 vertrek het, en ons was ook sterk op pad a.g.v. adhoc toerleier Leroi de Wet se vertroue issues, maar ons kom op die ou end eers 7:20 weg toe Jana de Wet en Karen van der Linde ook veilig op die bus is, met hulle koppies koffie!. Gemeet aan BTK-standaarde is 7:20 nie te sleg nie!

Dis nie lank nie voordat die groter meerderheid van die toergroep hulle tweede slapie inkry, selfs die son wat in die mooiste kleure opkom, verander ook nie veel aan die situasie nie. Daar word “vinnig” gestop op Piketberg vir vyf minute, maar jy leer ook gou dat hiedie vyf minute maar net so goed soos die BTK se standaard 2,4 eenhede is. Dit is ook hier waar Jana voel dat sy dit verdien om die status van NNM te kan hê en dat sy nie van plan is om veel meer as dit te wees nie. Ek begin haar kok, Klara van Zyl, jammer kry en hoop van harte dat dit anders sal uitwerk…

Met almal wat nou vir die eerste keer weer wakker is sedert MD se fluitjie vanoggend, besluit Magriet Muller en Jacomien Hauman dit is die ideale tyd om hulself aan die toerlede voor te stel en ook hul toermaats se name te leer ken. Hierdie doel word bereik met die volgende rympie:

M: Goeie dag!
Indien jy so wonder – dit is nie meer nag.
J: Ek is Hans, dit is Mans
M: Ons is lief vir dans
J:  En vir stront praat!
M: Noem ons eerder Jacomien
J: Of Magriet as jy ons sien.
Ons is al ‘n tydjie hier…
M: Maar om jou te ontmoet – is vir ons ‘n plesier
J: Vertel ons meer, ons wil graag leer
M: Maar net een naam op ‘n keer.

Nadat hierdie rympie by elke tweede ry banke herhaal is, claim hulle dat hulle nou die hele toergroep se name ken, of die meerderheid darem. Jana wil ook die name leer, maar is heeltemal verbouereerd oor hierdie Pieter… Peter Müller wat sy nie herken nie – minwetend dat dit eintlik een van haar beste vriende is wat nie kon kom saamtoer nie a.g.v. ernstige griep.

Die eksamen moes regtig uitdagend gewees het, want almal raak weer vaak soos wat die myle en die klein dorpies verbygly. Hier en daar is daar nog een of twee wat opgewonde gesels. Een van hierdie geselsendes is Reinhardt Venter wat heel rustig die volgende opmerk toe daar deur Vanrhynsdorp gery word: “Kyk, as die aalwyn jou nasionale plant is – dan moet dit droog wees hier.”  Aangesien daar in elke tuin omtrent twee of drie van hierdie plante staan, is dit maklik om te glo.

Êrens naby Nieuwoudtville besluit Julian van Zyl, Leroi, Hendri, Naude van der Merwe en Reinhardt dat dit tyd is om weer die BBB, die gerugte BTK Boy Band, aan die gang te kry deur vir ons Save Tonight te sing…Ek hoop maar net dat dit beter sal gaan met môre se “Die son verrys met helder glans.”

Na die ry op die plaas se hobbelrige se pad, met blommetjies lang die pad en hekke wat net-net wyd genoeg is, kom ons by die beginpunt aan en almal is maar net te bly om uit die bus te kan kom. Sakke word afegelaai en die laaste toerusting word ook verdeel. Aangesien di took al goed na 12:00 is, word daar summier besluit om hier maaskaas middagbroodjies te e et, m.a.w meeste sakke moet weer uitgepak word. Wraakkaptein Reinhard besluit ook dat dit goed sal wees om te begin met die uitkyk van sy 34 eerstetoeriste. Minwetend van wat eintlik aangaan, reageer eerstetoeris konvenor, Jaco Delport, ook net met ‘n “ja” toe sy naam geroep word.

Klaar geëet word die sakke weer gepak en nadat daar weer ‘n kring gemaak is, word die “nie-te-lang-pad” na Brakwater aangepak. Met ‘n paar ompaaie en nie-bestaande bakens kom ons ook aan by eerste nag se slaapplek en ‘n paar benoude giggeltjies beantwoord die bobbejane se geroep vanaf die kranse. Leroi sukkel maar om sy sê gesê te kry met onderlangse opmerkings van ou toeriste. Daar word tyd gegee om te kan bad en die ouens maak solank hulle tente staan. Die meisies is baie bly omdat daar vanaand in die hut wat in wording is geslaap kan word.

Met almal relatief skoon en warm, begin die stokery. Saam met die son wat sak en ‘n kitaar wat getokkel word kan mens sommer voel hoe die stres van die semester en eksamen uit jou dreineer. Dit wil voorkom asof die kossakke toe nié vanoggend heeltemal uitsorteer is nie, aangesien groepies 4 en 5 nog steeds op soek is na hul smash ander bestanddele.

Toe almal se mae uiteindelik iets in het, vra Leroi dat daar in die slee geklim moet word, net jammer die meerderheid van die toergroep weet nie waarvan hy praat nie. Slaapsakke word gehaal en die eerstetoeriste kom maar so stil-stil nader terwyl ou toeriste sleepilblikke en sleesous – dankie Julian – uitruk. Gustav Wiid en Madilien Roos verduidelik wat skiet is, en Leroi volg met so ‘n halwe verduideliking van wat damesskiet en slee dan nou is, terwyl Julian van mening is dat jou sleedate ‘n moontlike husidansdate kan word. Die skerpskaap-item word gebruik as voorbeeld, met Klara, Daniël Nel, Pauline van der Nest, Marina Laubser, Nicholaas van Rensburg, Julian, Leroi as skape en Gustav as die wolf. Hekels is ook maar ‘n moeilike ding om te verduidelik, en Julian gebruik die volgende as voorbeeld: “Ek wil graag by Leroi weet, wat het hy bedoel toe hy gesê het hy is nie lus om 15 meisies te score nie.” Leroi reageer deur te verduidelik dat hy eintlik van stort gepraat het en hy moeg geword het daarvoor toe hy as eerste jaar Huis Marais se klip moes oppas.

Met hierdie halwe verduidelikings agter die rug, volg daar nog ‘n paar items. Wallie en haar agtervolger swem deur die diepe waters, en Hans en Mans mis net-net ‘n vrot vis. Troepe Leroi, Gustav, Jana en Magriet tree aan om vanaf Reinhardt, via Julian, te hoor dat hulle ma’s oorlede is. Met die hulp van Jolandie van Niekerk, Julian, Jaco Delport, Jacomien en Madilien ontklee Pauline ‘n kaboutertjie en Karen raas in die fabriek met gloeilamp Madilien en ‘n baie skerp blondine, Jacomien.

Daar is ook nie veel hekels vanaand nie, en warmer lê-plekke word gekry vir die nagrus en ook die reën wat later sal kom.

Nag Dames.

Donderdag, 13 Junie

Die son verrys nié met ‘n helder glans vanoggend nie, en ek probeer onthou wanneer laas die BTK gestap het wat daar nie reën was nie. Gelukkig het ons ook nou al geleer dat daar wel in die reën gestap kan word, so sakke word gepak met ‘n mistige reëntjie wat oor die vlakte val. Jy’s tog te dankbaar vir die hut en gaan skuil solank daar terwyl die res van die toergroep oppak.

Die toergroep word volledig met MD, Carel-Bart Viljoen en Lisé Marais wat na hul half-beskutte nag, by ons aansluit. MD gebruik sommer die geleentheid om iets te deel van God se genade en doen voorbidding vir die dag.

Sonder toerouers, is dit ‘n buitengewone ordentlikheidspraatjie, en met net 22 ou toeriste, is die Koning wat volg ook nie een van die mees suksesvolle nie. Met gemoedere gelig, val ons in die pad. Daar word sommer goed opgewarm deur met ‘n bult te begin, en nog beter – deur eers verby die afdraai te stap. Die reën word soos ‘n ekstra toermaat wat hier om jou beweeg, maar gelukkig kanselleer die ander toermaats dit uit en word daar so stuk-stuk in die nattigheid gevorder. Met kranse wat ‘n effense beskutting bied, word game break vinnig geniet, sodat rugsakke weer opgetel kan word en lywe weer warm gestap kan word.

Met die bystand van kettings, leertjies en helpende hande bereik ons die bopunt van die een krans, net om ‘n paar foto’s te kan neem, en dan weer af te beweeg in die mistigheid. Die reën kom en gaan en dit wil-wil begin lyk of die son dalk mag deurkom. Hambroodjies word sommer so in die paadjie geniet vir middagete, met Jana wat oor haar voete val om ‘n plat plek te kan maak vir Julian wat ‘n cuddle plek soek.

Die stap wat volg is omtrent ‘n op en af besigheid met die rivier wat sterk loop hier onder ons, en dit wil begin voel of jou arms en polse meer werk as jou bene. Toe die paadjie weer by die rivier verbygaan, word daar gestop vir die eerste en enigste toerfoto. Die reënboog in die verte lyk heel belowend en dit laat ons hoop dat die reën eers verby is …ons begin die laaste klim vir die dag.

Dit sukkel maar om teen die son te wen, en kort voor lank is die donker hier om ons, en daarby moet daar nog onderdeur ‘n waterval beweeg word. So word die boodskap maar van die een na die volgende aangestuur oor wanneer jy kan deurbeweeg, wanneer om jou sak af te haal en wanneer om te koes. Ongelukig gebeur dit ook dat jy, maak nie saak hoe goed jy luister nie, een of ander tyd onder die waterval staan.  In jou agterkop vorm die besef dat: as daar dalk nog iets droogs in jou sak was … dit is nou nie meer droog nie. Met ‘n bietjie deursettingsvermoë en positiewe woorde is jy uiteindelik deur en baie dankbaar vir die pale wat die trappies stabiliseer om jou bo by Driefontein te kry.

Dit lyk omtrent soos ‘n miernes wat oopgeskop is soos wat almal met hul wit kopliggies rondskarrel om lêplek te kry en om droog te kom. Daar word skuiling gesoek onder die rotshange en die stokery begin. Wilmarie Gericke ontdek Groepie 5 se pakkie smash wat gisteraand soek was.

Toerlede kom een vir een kos haal en gaan skuil dan maar weer in tente. Daar word nog hier en daar gekuier, maar die idee van lê en gesels in die tent is ‘n groter aantrekkingskrag vir die meerderheid van die toer.

Met reën wat kom en gaan en die koue wat sny, probeer mens maar so na as moontlik aan jou tentmaat lê en toe Jaco Delport uiteindelik sy lê het word die kamp stil.

Nag Dames.

Vrydag, 14 Junie

Dit voel omtrent asof ons op vakansie is en nie wakker gemaak word nie, maar solank slaap soos wat jy wil, of… tot jy nie meer kan lê in hierdie een posisie nie. Soos wat almal wakker word, word daar sommer ‘n kledingstuk of slaapsak saamgebring na die vuur toe in die hoop om dit dalk droog te kry. Stories van die koue nag word uitgeruil, onder andere vertel Leroi dat sy voete ver is van sy lyf, daarom vat die hitte bietjie lank om daar uit te kom as hy met sy bene reguit lê.

Muesli word geëet en cappuccinos word gemaak om aan die gang te kom. MD probeer die planne van die dag (dat ons hier gaan bly) deurgee, maar word onderbreek deur die bewegende boom wat nader kom, wat toe al die tyd net Nicholaas is wat nog hout nader bring.

Oggendgodsdiens word gehou met Wilmarie wat vir ons Psalm 46 lees. Die meerderheid besluit om sommer net daar te bly en daar word nog vir ‘n hele ruk lekker saam gesing. Wraakkaptein, Reinhardt, probeer die eerste toeriste bymekaar kry sodat hulle kan oefen, maar Emily van der Merwe en Leonore Conradie het ander planne.

Die res van die dag heers daar maar ‘n lui atmosfeer. Daar word rondgekuier, kaart en kitaar gespeel en uitgekyk. Dit lyk omtrent soos ‘n skoenwinkel by die vuur met almal se skoene wat staan om droog te word, net jammer dat as jy nie self daar staan om dit te beman nie, jy gaan terugkom en een van die volgende situasies aantref: 1. Iemand het jou skoene agtertoe geskuif, en dit kry nou glad nie meer hitte nie, of 2. Iemand het jou skoene afgestamp en dit lê nou in die as en is dalk besig om te smelt. Leroi is al so moeg vir die reën, dat hy tot probeer om vir hom ‘n afdakkie te bou met ‘n seiltjie en paar takke, met die klem op probeer.

Soos wat MD die middagbroodjies nader roep, is dit asof hy ook die reën aanroep wat saggies weer begin val. Dit is omtrent ‘n rumoer wat losbreek terwyl daar weer heen en weer geroep word vir hierdie groepie se grondboontjiebotter, daai een se brood en ‘n ander een se stroop.

Met magies vol, word die gekuiery voortgesit en word daar weer saam gelag en gesels en om my sien ek hoe nuwe vriendskapsbande gevorm en oues versterk word. Geduld word ook beproef toe ‘n paar van die manne met groot gesukkel, en met billy deksels, pannekoeke wil bak.

Die middag gaan heeltemal te vinnig verby en kort voor lank word die stofies weer aangesteek om te begin stook aan vanaand se pasta-gereg, so ‘n mengsel van tuna- en basilpasta. Te bang om dit hardop te sê, word die boodskap huiwerig oorgedra dat dit besig is om oop te trek, en daar word met groot glimlagte opgekyk na die hemelruim bo ons.

MD gee die reëlings deur van môre en terselfdertyd word hekels ook oopgemaak. Wilmarie wil sommer ook dadelik by hom (MD) hoor wat hy bedoel het toe hy dié rondom hom probeer gerusstel deur te sê dat hy nog nie ‘n pa is nie. Jaco wil hoor hoekom Silja Kiessling sê sy’s gewoond daaraan om geslaan te word en Magriet vra vir Leroi en MD uit oor hulle denkrigting van pannekoek in ‘n pot te probeer bak. Madelé vra vir Mari hoekom sy juis vanaand maklik is en Julian vat Hugo aan oor sy eerlikheid oor die feit dat hy besig is om Game of Thrones te kyk. Gustav vra ook vir Reinhardt hoekom hy virJollie sou sê sy lyk soos die dood, waarop Reinhardt heel onskuldig antwoord: “Ek was baie eerlik.”

Met sterre wat bo ons verskiet word daar verder gekuier en dan ook aangeskuif bed toe. Net soos wat ‘n mens gemaklik lê en insluimer met die geluid van die paddatjies, skrik jy weer wakker van ‘n skaterlag uit Matty Scholtz, Anja Smit, Karen, Madilien en Jana se tent.

Nag Dames.

Saterdag, 15 Junie

Die stokers is vroegdag al aan die raas, en daar word sommer al in die donker opgestaan en die oppakkery begin. Kyk, as jy gedink het dis moeilik om na een aand op te pak, is dit ‘n heel ander prentjie om na twee nagte en een dag op te pak. Daar is omtrent chaos met ‘n hoop van verlore goed wat gevorm word van groepies se marmite en potte wat verskuif het. Die rommel word gebrand en die storie versprei selfs dat dié gasse al deel is van die eerste toeriste se wraak. Met sakke wat gepak is en tente wat nog aan die sak is, word daar nader gestaan om dalk eerste die hitte van die son te kan voel. Jana en Jacomien maak ook van hierdie geleentheid gebruik om die toergroep bietjie op te warm en reg te kry vir die dag se stap. Die dag se afdraend stap.

Daar was gerugte met eergister se opstap dat ons weer hier gaan moet af, maar iets in jou het tog gehoop dat dit nie waar is nie, maar jy’t verkeerd gehoop. Ons begin vandag met ‘n intense afklim. Net om onder te kom by ‘n rivier wat sterk loop.  MD gaan vooruit met ‘n stok en Gerhard Rossouw sorg vir touwerk en so word daar ‘n heel veilige roete oor gevind. Die ouens gaan eerste om ‘n treintjie te kan vorm, waarna ‘n paar sakke volg en toe is dit die meisies se beurt. En sien, as jy teen hierdie tyd nog nie vertroue gehad het in een van die ouens nie, het jy nou. Dit is ‘n trein van stewige grepe wat oorhelp, met voete wat in die ysige water staan.

Toe almal uiteindelik aan die anderkant is, en sakke, bottels en skoene opgespoor is êrens in die paadjie, of daar verneem word dat dit in die water afgespoel het, word daar sommer besluit dat game break hier gehou gaan word. Fruit danties word heen-en-weer gegooi terwyl hare gewas word.

Met skoon hare, soveel as moontlik nat goed wat aan die buitekant van rugsakke hang om te kan droogword, begin ons die dag se stap. Daar word omtrent geklim, maar met die son wat vir die eerste keer op hierdie toer, lekker warm bak is die gemoedere vrolik en ek wil sommer net uitroep: “Nou toer ons!” Die spoed word egter gou weer gebreek as daar gewag moet word om deur noue skeure te kan klim en dan ook uiteindelik opgetrek te word déúr die skoorsteen. Net jammer dat vir party, soos Silja, net die rugsak vasgehou word met bene wat rondskop. Dit voel omtrent asof jy nuwe lug inasem as jy uiteindelik deur is, maar net om gou weer benoud te raak toe ons agtergekom dat die voorste deel van die toergroep so ver vooruit is dat ons nie eers weet watter kant toe. Toe almal uiteindelik weer bymekaar is en koppe getel is, word daar verder teen ‘n gemaklike pas en op ‘n gemaklike roete gestap.

Ons span uit op ‘n plaat klippe vir middagete en provitas en worsies word voorberei. Die tydjie van niksdoen in die son is heeltemal te vinnig verby en dis maar swaar om weer jou sak op te tel, veral as jy nie betyds was om ver voor die eerste toeriste te stap wat weer begin oefen vir vanaand se wraak nie.

Ons vorder heel goed oor die plat terein en daar word lekker gesing, gesels en gelag. Totdat daar weer ‘n stroompie oorgesteek moet word, vir die soveelste keer. Daar word sommer vinnig plan gemaak om van die begraafplaas se klippe te gebruik om oor te kom… dit daar gelaat.

Ons kom teen 16:00 by die kampterein (met water!) aan. Die dames kry eerste geleentheid om te gaan bad, terwyl die ouens probeer om die vuur aan die gang te kry. Alicia Bestbier vat voor met die kitaar en al die meisies staan om die vuur en sing met skoongewasde hare en honger magies, terwyl daar vir die ouens gewag word om skoon te kom. (Dankie Jana vir daai insetsel in die skets).

Met son wat aan die sak is, word die stokery vir die rysgereg begin. MD raak so verbouereerd dat hy sommer water op ‘n brandende stofie wil gooi. Na groot gesukkel en met oorversadigde mae, kom almal in die slee – reg vir die wraak!

Nadat die gehoor gegroet is, begin ‘n item in die padda-hemel, met Leentjie Visser as die engel en Anja Smit, Matty Scholtz, Coba Kellerman en Simonne van Eden as padda’s. Koggelmander, Johan Bllignault kom verby en loop oor die sandhoop, Emily van der Merwe. Febre van der Merwe, Jaco Delport, Emily, Janneman, Johan, Madalé Bezuidenhoud, Marie en Leonore Conradie ry deur die BTK se McDonalds drivethrough, daar’s sommer 12 bestuurders in een kar. Pauline wys bietjie watter moves ouens kan gebruik om ‘n BTK-meisie te beïndruk, met die hulp van Anja Conradie, Jana Meyer, Alicia, Engela en Kobie van Schalkwyk, Lise Marais, Marsy Olivier en Alta Zietsman.

Supersterre is volgende, met aanbieder Danielle Foot wat Patricia Lewis vertolk. Die deelnemers is: Cecilia Anderson (met ‘n goeie weergawe van: Cecilia, you’re breaking my heart), Annamart Laubscher en Karel-Bart. Silja is juffrou Rottemeier wat vir Heidi soek, terwyl die twee Barbies, Simon wawawawitz en Nicolaas van Rensburg baklei oor hul Ken Daniël Nel.

Voordat die voorgeskrewe liedjies gesing word, en deur Julian en Hugo onderbreek word, sing die eerste toeriste eers ‘n selfgeskrewe liedjie:

As die donker my kom haal
en MD my nie soek nie
as my droë klere vergaan
en in ‘n modderplas van water val
begrawe my hart op Oorlogskloof se boom
En strooi my as oor die Bosveld horison.

Ons het nog nie ‘n graad nie
en ons het nie ‘n studentekaart nodig nie
Om in die grond en reën soos ‘n kind te baljaar
en in die verte in van ‘n krans af te staar…

Die gelukkigste wat ek ooit was
op die naat van my rug in die natuurreservaat
Die wind sing my naam
en met die tentflap wat klap…
My naam is Carel-Bart

Met die soetheid gesmaak, kuier almal eers weer om die vuur en loop dan sleepvoet weg van hierdie hitte om weer in die slee te klim. Tradisionele items begin sommer dadelik met Gustav en Julian wat vir Leentjie in die donker vry. Hendri, Reinhardt en Julian plant ‘n groentetuin, met Cecilia, Esmy, Simon, Danielle, en Daniël. Magriet en Jacomien beeld ‘n samurai en ninja geveg uit, en probeer ook ‘n burger en tjips koop in die biblioteek. Laaste item van die aand sluit supplies en kano’s in.

Julian hekel vir Nicolene oor haar opgewondenheid dat sy nou high was saam met ‘n hele groep mense. Leroi word uitgevra oor sy soektog na sy onderbroek en Hendri vra vir Pauline hoekom sy sou sê: Ek het so seer, ek kan jou mascot wees. Alicia het blykbaar ook vroeër die aand vir MD gesê: Jy is geblom!  En Wilmarie vra haar uit daaroor.

Vanaand is dit behoorlik koud en almal is gou in die tente, behalwe vir die paar brawes, of dalk malles, wat die koue trotseer deur buite te slaap.

Nag Dames.

Sondag, 16 Junie

Daar word weer vroegoggend opgestaan uit gevriesde tente, en dit is met groot verbasing dat mense een vir een gevriesde kledingstukke na vore bring wat veronderstel was om droog te word. Die son wat oor die koppies opkom, verskaf weer groot opwinding soos wat die kamp vir oulaas afgeslaan word. Nadat daar klaar oggendgodsdiens gehou is, gee MD die reëlings van die dag deur. Hy vra ons ook mooi om nie te skrik as ons ‘n ambulans sien nie, wat maar ‘n moeilike ding is om jou voor te stel na die paar dae in afsondering.

Rugsakke word vir oulaas opgetel en die dag se stap word begin. Kyk, vandag word daar net met een doel gestap en dit is daai Interkaapbus wat gehaal moet word. Die roete, wat veronderstel is om die noodroete te wees, is ook vol uitdagings van op en af, onderdeur tussen die klippe en bo-oor nóg stroompies.

Na ‘n lekker stuk op die tweespoorpad is ons weer by Brakwater. Daar word van die geleentheid gebruik gemaak om sakke ordentlik leeg te maak, en elke laaste pakkie provitas, jellybabies en suurwurms word gedeel. En natuurlik word daar groepiefoto’s geneem dat dit goedgaan.

Ons groet vir Jana en Silja wat agterin ‘n bakkie met ‘n hond of twee klim, en draai om, om sommer dadelik vir Janneman geluk te wens met sy verjaarsdag – op die BTK manier natuurlik.

Die laaste klim word omtrent uitgehardloop, en die wat braaf is stap sommer die laaste stuk kaalvoet nadat daar oor ‘n “gebruiklike” stroompie  gespring moes word.

Terug by die beginpunt word daar onder die bome uitgespan terwyl daar vir die hele toergroep gewag word en laaste foto’s geneem word. Die kans om te kan stort, word ook sommer deur die meeste van die hand gewys, dis lekker by die BTK. Gentlemen’s challenge word gehou en dit is Febre van der Merwe wat met die louere wegstap.

Met sakke wat gelaai is, word daar op die bus geklim en ons begin die pad terug. Laaste geselsies word vir oulaas gesels, en ander wat nie meer kan uithou nie werk solank ‘n middagslapie in. Jacomien en Leroi besluit om ‘n bietjie tydtoetsie te doen deur op die sitplekke se rugleunings vorentoe en agtertoe te hardloop. Dis ook nie lank nie, of Leroi kry net ‘n kyk, gevolg deur ‘n kopskuddende glimlag, van die busbestuurder, ook maar goed – anders was sy ego dalk bietjie gekrenk. Met sneeu op die verste berge, en die son wat sak (en dan weer verskyn), kan mens nie help om sommer ‘n paar terugflitse van die afgelope toer se prentjies en situasies te kry nie.

By Piketberg gekom word daar dadelik aangesit vir die Spur challenge, wat deur Reinhardt goed bemark word met die geskiedenis (wat draai in die Visrivier, by Desmund Tutu en natuurlik die huidige rekordhouer, Daniël Kotzé) van hierdie geleentheid, terwyl Hendri die logistiek van die uitdaging behartig. Soos gewoonlik, veroorsaak Julian groot verwarring deur op die “roei” opdrag heel rustig en normaal te begin eet. Nicholas wen die titel van Oorlogskloof 2013 Spur challenge met ‘n tyd van 2:26:81.

Daar word sommer op die Spur se parkeerterein afsluiting gehou, met dankies en ‘n koning.

Daar word omtrent uitmekaar gespat met die stop by die Neelsie. Almal weer op hul eie koers vir die vakansie wat voorlê. Ons het die oorlog teen die kloof en die koue oorwin, en daarmee ‘n spesiale kameraadskap gesmee wat nog lank as ‘n soet herinnering by ons sal bly. Vaarwel toermaters, vaarwel – ons sien mekaar weer in die nuwe semester.

Fanie Botha Julie 2013

995193_538867836167728_1163942152_n‘n Mengelmoes van liedjies…                                                                                                     ‘n Skets van gebeure deur Jacomien Hauman

 

Sondag, 14 Julie… We are marching to Pretoria

Of jy nou gevlieg het… 1439km gery het van vanoggend 3:00 af en vinnig, soos Hendri Bruwer, jou burger moes afsluk as Julian windhond van Zyl wil ry en vir toerleier Christiaan Rabie moes help om die logistiek van vier mense in die Polo en vyf in die Corolla uit te werk… Of so gelukig was om eers in Bloemfontein op te klim… Jy’s uiteindelik by Karen van der Linde se huis, reg vir ‘n laaste bietjie avontuur voordat die tweede semester op Stellenbosch begin. Mens kan duidelik agterkom wie dit is wat gery het, dis die mense wat ongemaklik rondstaan omdat hulle boude goed deur gesit is, i.v.m. die wat gevlieg het wat heel gemaklik kan terugsit op die stoele.

Mens wil nog so half begin bekommerd raak omdat jy nêrens eers sprake van aandete sien nie, toe word daar stapels Romans pizza bokse verby jou gedra en die reuk laat jou mond sommer water. Christiaan sê dankie vir die veilige reis en die kos en dan word daar toegesak op die bokse. Saam hiermee versprei die knoffelwalms deur die hele geselskap, en jy moet besluit… is jy in, of is jy uit?

Met breine wat nou beter kan funksioneer na die ete, word kossakke verdeel. Baie dankie aan Karen, Madilien Roos, Ernst Kleynhans, Reinhardt Venter en Sanmarie Kleynhans wat dit vroeër vanmiddag verdeel het. Vir een of ander rede, is die Pick ‘n Pay sak altyd groter as wat mens verwag, dus word verstellings gemaak, en ‘n top of twee word selfs hier en daar uitgehaal, want kyk… hier word vir seker ordentlik geëet by die BTK.

Reëlings vir môre word deurgegee en die slaapreëlings vir vanaand… Jy kan maar net wonder wat dit was wat Ernst op hierdie stadium vir Reinhardt beduie het. Nietemin, daar word inbeweeg en terwyl party weer in die tou staan vir stort, gaan kruip ander solank in. Dit neem ‘n hele rukkie vir die mense om rustig te word, veral in die TV-kamer.

Nag dames.

Maandag, 15 Julie… vat jou goed en trek, Ferreira

Ons staan 4:00 op en pak laaste goed terwyl ‘n koppie koffie geniet word. Die toergroep word ook bietjie meer volledig. Christiaan verduidelik hoe die ry gaan werk en bedank vir Tannie Steph terwyl Madilien die kaaseienaar probeer opspoor.

Ons ry met moeite tot op Sabie, terwyl ander, dis nou Gerrie le Roux, Anton Kraemer en Benjamin Lavin, eers in Nelspruit gaan draai. Natuurlik is daar altyd nog plek vir ‘n eet- of drink ietsie, so die meerderheid van die toergroep vaar die Spar binne. Alta-Marié Bruwer deel fizzers uit, terwyl Gustav Wiid Carmyn Jansen van Vuuren se muffins uitdeel.

Met groot inspanning en verwarring kom ons uiteindelik by die beginpunt aan. Sonbrandroom word gesmeer en foto’s word geneem.  Toe al die bestuurders ook by is, roep Christiaan uit: “Sakke op!” en “Stap nou!”. Madilien, of GPS soos wat Ernst haar later begin noem het, se beskrywing van reguit stap was bietjie misleidend, aangesien die stap sommer dadelik begin met ‘n stewige stukkie klim en tussendeur plantasies beweeg.

Daar word gestop by die Lone Creek waterval vir middagete, maar daar moet natuurlik eers ordentlikheidspraatjie gehou word, gevolg deur ‘n koning so oor die klippe en sommer amper by die krans af. Dis moeilik om nie die uitkykkring se intelligensie te onderskat wanneer hul uitroep dat daar o.a. nog 88 minute oor is voor die wraak, nie. Tog help dit om die misterie daaragter te laat oplaai. Dit is ook min of meer op hierdie stadium wat Jaco Delport dit goed dink om sy groepie se billy ‘n meter vanaf die waterval te gaan uitspoel. Onnodig om te sê:  die stroom was toe wel te sterk, en daar sit Groepie 3 sonder ‘n billy vir die res van die toer…

Met almal goed uitgerus, begin ons weer stap op die grondpad, met Gerrie wat hard probeer om die toergroep aan die sing te kry. Dis nie lank nie, of ons word gegroet deur die Maritzboshut met sy groot grasperk, lekker stoep, tafeltjies en opsigter, Albert. Reinhardt en Ernst wend so ‘n halwe poging aan om te verduidelik wat item is, en met dit as inspirasie gaan oefen die eerste toeriste, met die hulp van die twee Le Roux’s, terwyl die res solank bad.

Stokery begin met groepies wat maar redelik oor die werf versprei is, maar dit gee ook kans dat jy jou groepielede goed kan leer ken. Jou pakkie kitsvla is ook nie meer so opwindend as jy die gerug hoor dat Julian twee bokse ultramel vla saamgebring het vir sy groepie nie.  Hieraan smul hulle al heerlik terwyl jy nog wag vir jou pasta om te kook.

Daar word vanaand gebondel-slee en Gustav en Alta-Marié is eerste aan die woord om skiet en so aan te verduidelik. Na ‘n goeie verduideliking van die drie-sirkeltegniek, ‘n baie grafiese demonstrasie van die spittegniek en ‘n hele paar “en so aan”’s, verstaan almal ook nou waaroor skiet gaan. Vervolgens verduidelik Reinhardt en Hendri, of altans, Antonio en Gesepe, wat ‘n item is. Hulle roei êrens op en af op ‘n rivier, nou nog nie seker of dit in Italië of Frankryk was nie, terwyl dele van Maria en ook ‘n billy verby dryf.

Aangesien daar nie toerouers is nie, word hekels gerig aan grote koning Gerrie, wat verreweg die mees senior toerlid is. Christiaan vra sommer dadelik vir Reinhardt hoekom hy vir Jacomien gesê het sy moet haar ore op die grond hou. Julian wil weet hoekom Anton vir hom gesê het dat hy maar sy klere kan uittrek, nadat hy wat Julian is vir hom gevra het of Hendri daar is. Hendri vra vir Maryna Eksteen wat van haar ouers loperig, maar gaar hou en Jacomien vra Lindie Coetzee uit oor haar verwarring rondom hoekom die ou wat vóórstap nie ook so ‘n oulike naam soos slot en sleutel het nie. Hendri word ook uitgevra oor hoekom hy sou sê dis Gustav se tipe skiet waar hy agter niemand aan hardloop nie. Anton vra vir Alta-Marié hoekom sy vir Gerrie sou sê sy hou daarvan as hy haar misbruik, wat volg met Hendri wat ook by haar wil hoor wat sy bedoel het toe sy gesê het sy gaan nie gehekel word nie. Terwyl almal nog aan die lag is, vra Grietjie skielik uit die bloute vir Gerrie of hy onthou het dat hul ma vandag verjaar.

Die vloer word weer oopgemaak vir ‘n paar items. Jaco besluit om sy episode met die billy van vanmiddag vir ons te probeer demonstreer. Troepe Grietjie, Thys Delport en Phillipe du Preez tree aan, en toe die twee le Roux’s hul woorde onthou, word sy uitgeskel oor haar afwesigheid by die kamoefleersessie. Gerrie leer Thys om push-ups te doen, terwyl Philippe sommer vir homself hande klap wanneer hy dit regkry. Magriet, wat word ‘n slag Sanmarie genoem deur Gerrie, en Jacomien is weer Hans en Mans en ‘n Ninja en Samurai wat oor die gras rol. Reinhardt is die kroegman by Mikes drive-in bar met Johannes Rabie as sy deur. Besoekers is Pieter Retief wat op die ou end ‘n goeie les vir die Japannees Anton leer met ‘n Toyota spanner, wat ook in Japan gemaak is. En hiermee is items vir die aand eers klaar.

Daar word geskuif na die stoep waar Alta-Marié vir ons Jesaja 51:16 en Markus 11:22 lees en ons aanmoedig om ons eie waarde te ontdek, waarna die Magaliesbergse aandlied gesing word.

Die vure word vir nog so tydjie geniet totdat almal bed toe gaan vir ‘n goeie nagrus.

Nag dames.

Dinsdag, 16 Julie… Op berge en in dale

Dit is net vier mansstemme wat ons vanoggend wakker sing, gevolg deur Julian wat dadelik uitroep dat Groepie 4 se water reg is. Dis heel vreemd, maar tog lekker, met die son wat hier so vroeg opkom en die toergroep kom sit stuk-stuk op die stoep.

Charl Ellis lees vanoggend vir ons Matteus 11:32-39 en getuig van die liefde wat daar is tussen ons as BTK-ners en dat die oorvloed geniet en gedeel moet word.

Vandag begin ons deur op te stap in die kloof met ‘n hele paar rivier-kruisings. Gerrie vereis dat die eerste toeriste voor moet stap, sodat hy daar vir hulle die liedjies kan leer –iets wat nie eintlik deur die res van die toergroep verwelkom word nie. Ons vat die afdraai om te gaan kyk na die kastieg groot waterval, en maak gebruik van die geleentheid om ‘n groepfoto te neem.

Ons stap verder in die woud met die son wat hier en daar wil deurkom. Ons sak af om te kan opkyk na ‘n 40m-hoë (volgens Anton en Christiaan) waterval met sproei wat elke nou en dan oor ons waai. Game break word ‘n entjie verder gehou by ‘n koue poel wat Eleonore Slabbert en Lonel Steyn aandurf – lekker meisies van die BTK.

Van hier af styg ons weer om uit die woud te kom. Dit is ook toe ons amper uit die ruigte is wat die boodskap van agter kom dat Charl besig is om krampe te kry. Gustav bied dadelik aan om die pligte van slot oor te vat, dit het natuurlik niks met sleutel, Carmin, uit te waai nie. Dit voel omtrent soos ‘n oorwinning om bo uit te kom en ‘n gemaklike pas word weer gehandhaaf op die grondpad.

Ons vat vir die tweede keer vandag ‘n afdraaipad op pad na ‘n waterval toe. Ons stap oor groen grasveldvlaktes, met zebra’s en elande in die verte en “BTK 2013” word darem ook op een van die klippe in die klipbaken geskryf.

Die padjie loop verby ‘n lekker poel, ideaal vir middagete, maar Christiaan besluit nee, ons stap aan. Net om 200m later weer terug te draai en te sê ons kan maar daar ons kerrievis-middagete geniet. Daar word lekker geswem en ook van hoë klippe afgespring, daar’s selfs ‘n paar wat bad en ‘n middagslapie inkry. Ons val weer in die pad en kort voor lank is ons by die tweede hut, Stables.

Dit is ‘n vreemde gevoel om so vroeg by die hut te wees, en Ernst, Christiaan, Gerrie, Hendri, Simon, Jacomien, Grietjie, Eleonore, Reinhardt en Jaco herleef weer hul kinderdae van albaster speel in die sand, terwyl die res bad of oefen vir die Wraak. Die albaster-speel gaan natuurlik gepaard met lopende kommentaar van die toeskouers, en reëls wat die heeltyd verander, aangesien die geheue ook maar bietjie verroes is. Die res van die middag word daar uitgespan op matrasse en stoute middagslapies word ingewerk.

Net soos wat almal goed aan die stook is en reg is vir hulle lekker koppie sop, begin Christiaan met ‘n storie dat daar Boesmantekeninge is om te gaan kyk, voordat die son sak. Jy’s nog so besig om onderlangs te mompel dat hy dit wraggies maar vroeër vanmiddag kon gedoen het, of selfs te wonder of hier in Mpumalanga Boesmantekeninge kan wees… wanneer Christiaan uitroep: “Skiet is oop!” Dis maar ‘n verleë groep wat terugstap na ‘n nóg meer verleë groepie wat agtergebly het om aan die stook te bly, of net nie lus was vir Boesmantekeninge nie. Daar word verder gestook en weereens baie lekker geëet.

Johannes Rabie lees vanaand vir ons uit Matteus 28 en dan word daar na die sleekring geskuif.

Eerste toeris konvenor, Anchen van Dyk, verwelkom almal by die eerste toeriste se aand, almal… elke moontlike portefeulje…behalwe die sketsskrywer. Daarna volg Benjamin wat sy kitaar, Maryna, probeer tune om die deuntjie vir vanaand se sangkompetisie te speel. Beoordelaars vir hierdie kompetisie sluit in Nataniël, Vernon Koekemoer en Dowwe Dolla wat onderskeidelik deur Lerise Strydom, Philippe en Lonel vertolk word. Die deelnemers is Lindie as Paris Hilton, Sanmarie as Hannah Montana, Devon Morillion as Jack Parrow en Marli du Toit as ‘n Telly Tubby. In ‘n advertensiebreuk is dit Thys wat sy grassnyers, Michelle Gous en Johannes probeer verkoop, met Benjamin wat die gras is.

Hierna is die ou toeriste nog nie tevrede nie en eis dat daar nog ge-item moet word. Dus doen Lonel en Anchen ‘n Matilda weergawe, met lyf en bene wat nie heeltemal saamwerk nie. Ons skuif na ‘n brandende huis met Johannes, Lindie, Sanmarie, Lerise, Marli.  En Thys, wat seker die meeste praat wat hy nog op die hele toer gepraat het. En laaste is Philippe ‘n eend wat die kroeg en kroegvrou, Anchen besoek.

Met die singery, is dit omtrent ‘n sing-off tussen Lindie en Thys. En die Sarais Marais-geïnspireerde Koning is so skokkend, dat Gerrie sommer skaam kry. Nadat die ou toeriste vir hulle Koning gesing het, word daar na die bome agter die hut geskuif vir die wraak.

‘n Ruk later, is dit ‘n groep volwaardige BTK-ners wat terugklim in die slees en items word voortgesit. Hollander Tim, dis nou Gerrie, en Nigel van die Cape Flats, dis nou Christiaan, verduidelik  sommer dadelik waarvandaan die ai-tim nou eintlik kom, aangesien daar ‘n hele paar eerste toeriste was wat daarna verwys het as ietems. Dit is ook húlle twee wat later vir ligtoring Lonel aansteek, wat helder begin gloei. Drie kannibale, Anton, Pieter Retief en Hendri wag die foursome, Reinhardt, Ernst, Gustav en Carmin in wat elk ‘n wens kan maak voordat hulle in kanoes verander, waarop Gustav wens dat Carmin saam met hom na Dagbreek se huisdans sal gaan – en toe sê sy ja… Tussendeur word daar ook treffers soos “Staan op, staan op”, “Alleen, leen, leen” en “Span die seile” gesing. Grietjie, Magriet en Jacomien vervaardig tandepasta in ‘n fabriek, totdat Grietjie begin dink sy’s ‘n gloeilamp.

Gerrie kry die plaaswerf aan die gang met volgende diere: Lindie, die lekker skaap tjoppie, Marli, die melkerige koei, Thys, die haastige hoender, Johannes, die jong varkie en Philippe, die vryfbare eendjie… iets sê vir my hulle was nie te goed met hulle alliterasie op skool nie. Hierna vertel Ernst die lang uitgerekte storie van veerpenmaats in Amerika en Japan – net om nooit die einde te vertel nie. Gerrie probeer ‘n nuwe tipe item deur papiertjies met woorde op uit te deel en almal wat dan moet bydra om ‘n storie te vertel. Woorde soos lig van my lewe, bobotie, rooi lipstick, geboortemerk en sleutelbeen, veroorsaak bietjie verwarring, maar darem ook vermaak.

Met vanaand se hekels loop Sanmarie en Ernst en hul verhouding goed deur met opmerkings wat heen en weer vlieg. Alta-Marié vra ook vir Ernst hoekom hy sou sê hy’t Wilson toffies vir sy slee-date gebring, sodat sy nie baie praat nie. Thys word ook deur Christiaan gevra om sy one stroke enjin te verduidelik.

Christiaan verduidelik die dag van môre wat heewatl “rustiger” gaan wees (volgens Madilien) en hiermee word die dag ook afgesluit en almal gaan lê rustig, veral nadat Magriet eers die mense by die vuur gaan stilmaak het.

Nag dames.

Woensdag, 17 Julie… The hills are alive, with the sound of music

Ons word wakker gesing met “Goeie more my sonskyn” en begin met die nou al gewoond-aan roetine van ontbyt eet, koffie drink en sak pak.

Eleonore lees vanoggend uit Fillipense 2 en deel ‘n getuienis van hoe belangrik dit is om daar wat jy is God se wil uit te voer en ook reg te wees om in gehoorsaamheid teenoor Hom te reageer.

Met ‘n BTK-wifey foto geneem, val ons in die pad. Met die eerste bult wat nie lyk asof hy ophou nie, is dit moeilik om te verstaan hoe Lindie genoeg asem kan hê om nog te kan sing ook. Maar ons kom tog bo en draai af op ‘n paadjie wat oor die grasvelde loop. Daar word gestop om nog ‘n groepfoto te neem, of ‘n hele paar, met Hugo se fancy kamera wat elke 3 sekondes of iets een neem. Ons sak weer af om deur ‘n klofie te gaan en water bottels vol te maak en stap dan verder deur die grasvelde. Middagete word geniet op ‘n uitkykpunt met bobbejane wat net hieronder ons skree. Danksy Simon, eet Groepie 2 net saamgedrukte krummels vir middagete, terwyl Groepie 1 besluit om eerder een van hul pakkies provitas oop te maak.

Ek begin die opsie oorweeg dat Ernst dalk net vir Voorsitter sal wil staan, sodat hy die bevele kan gee, soos wat hy elke keer as daar iets gedoen moet word dit uitroep… “Rus nou!”, “Eet nou!” of “Swem nou!”. Ons begin stap deur ‘n gebrande deel en hier en daar probeer iemand heel terloops klink as hul benoud vra of die hut nie dalk ook afgebrand het nie.

Dis nie lank nie, en ook nie laat nie, inteendeel, dis 14:45 toe ons by die hut aankom. Weereens word daar uitgespan op matrasse. Party gryp dadelik ‘n pot of billy om skoon te kom. Een so iemand is Jaco wat net betyds gekeer is voordat hy seep in een van die billies gooi – en toe nog die water heeltemal te ver oor sy lyf gooi.  ‘n Massage garage word aan die gang gesit, terwyl die satellietfoon gebruik word om vir voorsitter, Anna-Marie Müller, in Amerika te bel. Die vet, ronde blaas op Karen se hak word ook behandel met opmerkings en kommentaar van omstanders, een so ‘n omstander is Reinhardt wat sukkel om sy verbasing weg te steek en vra of sy met klompe stap. Gerrie, Pieter van Rooyen, Christiaan Scholtz en Johannes het nog heeltemal te veel energie en laat val ‘n boom in die verte. Die mans se toiletgeriewe is ook heeltemal ontoeganklik en volgens Ernst gaan jy jou reuksintuig verloor as jy dit besoek.

Toe daar begin word met die stokery ontstaan daar groot drama. Vervolgens Julian se weergawe van die gebeure: Groepie 4 het Groepie 2 se pasta saamgedra wat opgetel is, met die doel om dit te kan terugruil vir iets meer waardevol. Daar kan egter nie ‘n ooreenkoms bereik word tussen die groepies nie, en Groepie 4 hou dus die pasta. Groepie 2 bied toe bacon kips aan, wat eintlik Groepie 3 s’n is, met die gevolg dat 3, Gustav, vir 4 aanval om dit terug te kry. Julian gryp toe al Groepie 4 se sakke en staan in die hoek waar daar ‘n groot gestoeiery ontstaan. Groepie 3 vat toe 4 se pasta, wat hul terugruil vir ‘n boks bacon kips wat eintlik net ‘n bottel Bovril inhet – dus wen Groepie vier. Ek sukkel maar om hierdie storie te verstaan – ek hoop dit maak vir jou sin. Met al die drama verby, word daar tog lekker geëet.

Jacomien lees vanaand uit Psalm 8 en 1 Konings 19 en spreek waardering uit oor die stilte wat ons hier kan ervaar.

Ons klim in die slees reg vir die aand se items. Christiaan begin die aand met die Wild West Show. Hendri, Julian en Anchen vry in die donker. Grietjie, Jacomien, Magriet en Alta-Marié doen vir die eerste keer in jare die BTK-meisie item, met Christiaan se line op die einde: En die ouens… hulle like dit. Reinhardt is nog steeds deurmekaar met sy aardrykskunde, en Pieter verkoop koppe, Thys, Sanmarie en Lerise, en die nooit-gebruik kop: Philippe. Jacomien, Christiaan, Grietjie en Gerrie doen Big Joe met die twee Le Roux’s se gebroke engels. En natuurlik, as Anton toer, moet klippies ook in die water gegooi word. Johannes en Simon is in die hoof se kantoor oor Tommy se gedrag. En Faizel verkoop skoene langs die straat.

Hekels begin met Jacomien wat vir Julian vra hoekom hy sou sê hy’t ook hart. En daarna vir Ernst uitvra oor sy stelling: Ek’t minus nul game. Hendri wil by Ernst hoor hoekom hy sou sê: Dis so lekker, onder in, bo uit. En dan vra Hendri ook vir Maryna oor haar erkenning: Daai meisie is so mooi dat ek ook kyk. Julian vra vir Reinhardt hoekom iets wat tuis van Japan, made in Taiwan sal wees, en ook hoekom hy as sy hand uitgesteek is sou sê: Speak to the face. Madilien wil ook by Ernst weet hoekom hy onder die slaapsak wil verdwyn met sy sleedate Alta-Marie as hekels begin. Gustav het ook vroeër vandag erken dat jou stort partners jou op ‘n ander manier leer ken – en hier by die BTK kan ons seker nie daarmee stry nie!

Dit is al goed toegetrek toe ons gaan lê en jy’s gelukkig as jy betyds in jou slaapsak kan kom voordat die reën begin uitsak.

Nag dames.

Donderdag, 18 Julie… Sing vir my saggies, sing van die reën

Die son verrys is skaars klaar gesing, of die ouens val weg met ‘veels geluk liewe maatjie, omdat jy verjaar…’ vir Sanmarie wat vandag verjaar. Dit is maar moeilik om jou sak te pak en opgewonde te raak oor die dag se stap met die mistigheid en reën hier om die hut.

Lindie vertel van die Lewende Water wat in oorvloed vir ons elkeen beskikbaar is en onderstreep dit met Johannes 7:38 en 39.

Met splash covers of poncho’s oor die sakke getrek val ons teen ‘n stewige pas in die tweespoor pad wat deur die plantasies loop. Met die herinnering van Christiaan dat ons bymekaar moet bly in die digte mis, kan jy nie help om weer jou kinderprentjie van Rooikappie en wolf in die woud op te roep nie. Dit is ook oor hierdie rede dat ek te bang is om agter te raak, en eerder besluit om te maak asof ek seergekry het sodat die groep kan stop terwyl ek gou my veter weer vasmaak.

Ons volg ‘n bospadjie deur die ruigtes om weer by ‘n tweespoorpad uit te kom, en om uit te vind dat ons al 7km in ‘n uur gestap het. Teen hierdie spoed van 4.8km/h is ons ook al 11:45 by die MacMac hut en word die Gentlemen’s challenge sommer dadelik gehou. Gerrie bewys dat hy dalk al oud is, maar vir seker nog nie koud nie, deur al die jong klonge weg te hardloop.

Nadat middagbroodjies geëet is, gaan lê pary ‘n bietjie vir ‘n middagslapie, ander kuier en sing om die gerookte vuur, en bestuurders stap Graskop toe om solank die motors te gaan haal. Hulle kom ook terug met ‘n hele paar biere en bottels Muskadel en Rooiwyn wat dadelik geskink word in die blikbekers terwyl daar verder gesing word om die vuur met die hulp van: en die apie sit en droom. Net wanneer jy dink Gerrie se gesig kan nie nog rooier nie, kom die volgende liedjie en sing hy dit met nog meer passie en emosie. Dit wil voorkom asof die 163 liedjies in die sangbundel wel nie genoeg is nie en sommiges word herhaal, of ou volksliedjies word ook ingesit. Philippe en Hendri begin sommer ook ‘n beatbox om bietjie aksie te kry. Ons kuier lekker man, lekker.

Stokery begin, en wéér ontstaan daar drama met biltong wat gesteel of weggesteek is. Twee oud BTK-ners, Retha Roos en Melissa Laubsher, kom kuier ook en bring lekker roomys saam, wat veroorsaak dat die beertjie-poeding in baie groepies tweede kom. Heeltemal gekant teen kos mors, voer Jacomien Groepie 4 se orige poeding aan die geselskap om die vuur, ook aan Gerrie … sy hele gesig loop deur.

Daar word nog lank lekker om die vuur of op die stoep gekuier, terwyl tee of koffie gestook word voordat ons sommer in die hut slee vanaand. Items wat uitstaan is Gerrie, Pollie papegaai en Lindie in die Kleinhandelaars en Kie, met besoekers Anton, Marli, Eleonore en Johannes. Getroude paartjie Ernst en Sanmarie wat skoonpa Gerrie, wat vir die eerste keer choke in ‘n item, besoek. Philippe wat een of ander been-oefening probeer demonstreer. En natuurlik Kaptein, met Pieter van Rooyen, Christiaan, Hugo, Johannes, Anton en kkkkk-kaptein Gerrie wat by tye vergeet dat hy nie meer ‘n pappegaai is nie, en dus nie meer in so ‘n stemmetjie hoef te praat nie. Reinhardt en Ernst neem deel in ‘n gedigkompetisie en ‘n blonde Grietjie word afgetrek deur ‘n nog blonder Jacomien.

Hekels val weg met Julian wat sy foon uitruk en die volgende by Reinhardt wil hoor: As hulle baba’s toelaat, moet hulle honde ook toelaat. By Grietjie: Ernst is Sanmarie se hondjie. By Christiaan Rabie: lek eers klaar, dan praat ons en by André: Nee ou, moenie daar gaan aan tafel nie. Hendri vra ook vir André hoekom hy sou sê hy’t dit in die heat of the moment gedoen en vir Maryna hoekom sy sou sê: Moenie vir Philippe gaan nie, gaan vir my.

Die planne van môre word deurgegee en daar word uitgeskuif na die vuur vir godsdiens. Pieter lees uit 1 Korintiërs 13, gevolg deur ‘n geseënde sessie lofprysing en aanbidding.

Daar word tot vroegoggend gekuier om die vuur met ‘n geskaterlag wanneer Reinhardt ‘n pakkie jelly babies heeltemal verkeerd oopskeur sodat dit in alle rigtings vlieg, Benjamin wat (beter is as ‘n noot-vir-noot deelnemer) deur liedjies wat ingesit is uit volle bors aan te hou sing, en Gerrie wat goed gatvol raak vir die vuur en tog te dankbaar is as Johannes uiteindelik inspring om te help.

Vrydag, 19 Julie… Time to say goodbye

Die koor wat ons wakker sing vanoggend klink ietwat hoër, en hou ook langer aan. Dit is ook asof almal wil vasskop teen die idee dat ons vandag klaar is, aangesien die oppakkery vandag ekstra lank vat.

Alta-Marie en Philippe kom agter dat Thys nog baie min van die toerlede se name ken, en probeer die toerleier se van verduidelik met die leidraad: Dit begin met ‘n R, en dit eindig met ‘n ‘abie’ waarop Thys selfversekerd uitroep: “Jan Rabie”.

Dis met ‘n swaar gemoed wat daar ‘n kring gemaak word, want ons moet afskeid neem van Hendri, Eleonore, Julian, Grietjie, Christiaan, Pieter, Anton en Gerrie wat vandag maan toe gaan (nadat van hul al wel daar was). Ek sal eerder nie verder hieroor uitbrei nie.

Ons sluit ons oë en dank God vir die nuwe dag en die toer wat sover geseënd was en vra dan ook sy beskerming deur die dag.

Die karre word gelaai en ons vertrek met Julian se musiek wat hard blaas. Ons ry tot by God’s window, om die toeriste wat daar is se rus en vrede te versteur en dan ook ‘n paar foto’s te neem – min gepla oor hoe ons lyk met stokies en vuil klere.

Ek neem aan die pad na Pretoria was maar stil met verlore slaap wat ingehaal word, want almal het weer baie energie toe ons by Atterbury bymekaar kom vir Terrash. Anton is heel teleurgesteld dat daar nie ‘n burger challenge is nie, dit is nogals swak van die ouens, ek stem saam.

Ons sluit die toer sommer in die parkeerterein af, met Pretoriâners wat ons heel vreemd aankyk wanneer ons begin Koning.

By Karen se huis gekom word die groep weer verdeel, aangesien ‘n hele paar karre al vanaand deurry Bloemfontein toe. Die wat agterbly, kuier lekker en kan ook uiteindelik steak braai wanneer die hout uitgebrand is.

Na ‘n lang dag se gery kom die Kaapse berge weer nader, met kleurvolle blommetjies langs die pad en sterk wattervalle teen die hange. Ons is veilig tuis na nog ‘n toer van mooi uitsigte, soet herinnerings, nuwe grappies en vriende, reg vir die nuwe semester. Vaarwel toermaters, die toer was lekker man, lekker!