Yearly Archives: 2012

Sederberge skets

Deur Michelle du Toit

Dag 1, Saterdag, September 2012

Saterdag, 8 September, vind ‘n klomp ywerige BTKaners hul weg na die Neelsie om 03:00 – die res van ons was slegs effe laat. Toerlyste word ontvang en tasse ingelaai, maar dit is net die mosies waardeur ons gaan. Soos die meerderheid van die groep (Magriet en M.D. uitgesluit), is ek nog vas aan die slaap. Klein deeltjies van gesprekke oor kitare, bekfluitjies en ‘n blouswembroek dwaal verby my ore, maar dit is nie lank nie en my oë val toe.

En dus sal julle verstaan as my verhaal eers ‘n paar ure later begin – so skrams voor 07:00, toe my oë weer oopgaan. Continue reading

Amatola 2012 Skets

14/07/12 Dag 1 – Die Vloed

Die Junie vakansie was lank en heel vakansie lank sien jy nou al uit om die 100 km lange Amatola staproete aan te pak. Jyt gehoor dis ‘n katjie wat nie sonder handskoene aangepak moet word nie. Voor jy egter kan begin bekommerd raak oor of jy reg is vir die stappery moet jy eers die ongeveer 1000 km en 15 ure op ‘n (effens dodgy) El Josa bus deurmaak. Hoekom doen ons nou weer hierdie aan onsself?

Baie gou word die busrit ‘n interessante affêre want daar word agtergekom dat die bus soos ‘n goedkoop horlosie “water resistant” en nie “water proof” is nie. Die slimmes besef dat die geheim is om vir die hoogtes te skiet en klim in die bagasie kompartemente bo die koppe van die res in. Hierdie dien dan sommer ook as ‘n vyf ster bed. Op Plettenbergbaai word die eerstejaars Marse van der Merwe en Huldi Marais sommer gou uitgeken want hulle kan bevestig dat dit wel is waar die groep hulle bevind. Lekker matriek rage! Continue reading

Keerom Junie 2012 Skets

Keerom, Junie 2012, ‘n Skets van gebeure deur Jacomien Hauman

Dinsdag, 12 Junie:

Of jy nou hiernatoe gery, ge-hitch-hikehet, dalk selfs ‘n draai in Robertson gemaak het of al die pad van Israel af gestap, soos Hugo Minnaar, het, jy is by toerleier Christiaan Rabie se huis en jy kan uiteindelik jou asem uitblaas na die (hopelike) afgehandelde eerste semester. Jy stap verby die vuur wat lekker knetter, en soos wat jy in die huis kom hoor jy net orals die vrolike gelag van studente, jy weet nie by watter geselskap om aan te sluit nie. Continue reading

Victoriapiek Daguitstappie

Op Saterdag, 18 Augustus 2012, het die son geskyn en die voete laat juk na ‘n lang week van gure weer en reënbuie. By Jonkershoek se hek het 19 ywerige studente hulself reggemaak vir ‘n heerlike dag in die berg. Die doel was om die hoogste piek in Jonkershoek, Victoriapiek (1591m bo seëspieel) op die kerfstok te kry. Continue reading

Tafelberg – Tranquility Cracks

Sondagoggend, 13 Mei 2012, het ‘n groot groep studente gestaan en wag voor die Neelsie. Die wag was grootliks te danke aan die BTK se betroubare, blitsvinnige en byderwetse rekenaar. Uiteindelik was almal in die voertuie en soos ‘n stoet in die rigting van die Kaap gery. Een groep het Duiwelspiek gaan klim, terwyl die ander 23 Tafelberg gepak het. Daar het ook 7 internasionale studente van onder andere Iran, Frankryk, Oostenryk en Italië saamgestap. Die ongeluk het die Tafelberg groep al vroeg getref toe Magriet Muller (BTK Bestuur: Kosma) reguit Somerset-Wes toe wou ry met GPS en al. Van hier het dit ‘n reuse poging geverg om al die voertuie, insluitend twee geselskappe uit die Kaap, voor Kirstenbosch se Rycroft hek bymekaar te kry. Een voertuig is toe daar gelos en die res het om die berg tot in Kampsbaai gery. Na die woonbuurte eers goed verken is, is daar by die begin van die Pipe track gestop. Carien du Toit het wel besluit om die woonbuurte ‘n bietjie langer te verken. Continue reading