Yearly Archives: 2011

Die Berghut het water!

Uiteindelik is die watertenk bo op die berg. Van links na regs: Reinhardt Venter, Andre Leuvennink, MD Greyling, Charl Ellis, Isak Bosman, Daniël Schoonwinkel, Jacobus Stander en Hugo Minnaar (Johannes Leuvennink het die foto geneem)

Op Saterdag 25/11/2011 het ‘n groep van 8 BTK’ners en ‘n Oud-BTK’ner die water na die terrein van die Berghut op die plaas Belle Vue naby Hermanus aangelê. Dit is die eerste werk wat op die terrein gedoen is en die terrein is nou gereed vir die bouers wat in Januarie gaan begin.

Die vreugde was groot toe die kraan oopgedraai was en daar water uitkom.

Die groep van 9 het hulle baie goed van hul taak gekwyt en die werk sommer vinnig afgehandel, sodat daar nog tyd was om middagete by die waterval te geniet, waar die koue bergwater aangedurf is.

Die BTK sien uit na nog baie genotvolle uitstappies na die berghut en bedank die groep wat deel was van hierdie geskiedkundige oomblik vir die BTK.

–Isak Bosman

Klik hier vir nog foto’s van die uitstappie.

Berghut watertenk-installasie

Vriende,

Die Berghut se water is aangelê en die 1500 liter tenk is geinstalleer en vol! Die oorloop word teruggegooi in die stroompie waaruit dit geneem is!

Die pype se opneem was maklik. Ons het die onderste klofie se paadjie verby die poele gebruik. Die tenk se opdra was egter baie moeilik en ongemaklik. Ons het die nuwe voorgestelde kontoerpad se roete gebruik. Ons het baie gesukkel, maar die manne sien kans vir ‘n tweede tenk van 1500 liter in Februarie wanneer die US weer begin. Die keuse van die grootte van die tenk was korrek. Groter sou dit nie tussen die bome deur gemaak het nie. 1000 liter sou nie makliker wees nie, want dit is dieselfde deursnit as die 1500 liter. Die 500 liter sou baie makliker wees want hy is net 80cm in deursnit maar is te klein.

Baie dankie aan Isak Bosman, MD Greyling, Reinhardt Venter, Hugo Minnaar, Daniel Schoonwinkel, Jacobus Stander, Charl Ellis en Johannes Leuvennink.

Groete
André

Klik hier vir nog foto’s van die uitstappie.

Bainskloof

Die weer vooruitsigte het nie baie goed gelyk met die aanvang van die Bainskloof naweek van 15 en 16 Oktober nie. Saterdagoggend was dit bewolk en koud en die moontlikheid van reënerige naweek het al hoe meer ‘n realiteit geword. Die groep van 10 het 07:00 die Saterdagoggend by die Neelsie bymekaar gekom en van daar is ons met twee voertuie deur na Bainskloof net buite Wellington. Soos wat ons Bainskloof pas op gery het, het ons deur die wolk lyn beweeg en ‘n mens kon skaars 20 meter voor jou in die pad sien. Continue reading

Tafelberg Kabelkarretjie

Dit was ‘n winderige Sondag oggend toe 20 opgewonde BTK’ners by Tafelberg sou opstap. Daar is eers gevrees dat die beloofte gratis kabelkarretjie rit nie sou gebeur nie, weens die wind. Die beamptes by die karretjie gesê het die wind gaan heeldag waai (alhoewel dit soos ‘n briesie gevoel het) en dat die karretjie nie sou ry nie. Min wetende dat moeder natuur te werke sou gaan… Continue reading

Haelkopskeure 2011

Dit was Saterdag, 1 Oktober 2011, met wolke wat laag oor die berge van Jonkershoek hang en ‘n koue luggie wat deur die vallei trek, toe 13 avontuurlustige BTKners regstaan om die geheimsinnige skeure van Haelkop te gaan verken. Met Wim Morris as ons gids, het ons begin met ‘n rustige stappie. Van ons het dalk gedink hulle was op die verkeerde roete, want aan die begin was die avontuur maar skaars. Dit was egter slegs die opwarming om ons spiere lekker los te kry, sodat ons gemaklik deur die skeure kon seil. Continue reading

Weskus Toer

Sien foto’s van hierdie toer onderaan.

Saterdag 3 September: Waai my jas in ‘n taaibos vas

PROVINCE, PROVINCE, PROOOOOVINCE…..dis die eerste klanke wat jy hoor na ‘n oggendslapie op die bus oppad weskus toe, en jy weet: hierdie toer gaan LOOP!! Jy doen ‘n rondte deur die bus om almal se gesigte te leer ken en jy sien nuwe gesigte, ou gesigte, moeë gesigte, mooi gesigte en een gesig wat sleg tweede gekom het in ‘n barfight. Eers later vind jy uit Evans Coetzee het eintlik derde gekom. Dis skielik nie meer donker nie en jy wonder by jouself hoe jy die donker oorleef het met drie gingers op die bus. Continue reading

BTK Berghut!

Die Berghut ‘n werklikheid!

Na jare se afwagting is die kontrakte vir die bou van die berghut in Junie 2011 onderteken. Na meer as drie jaar se onderhandelinge met trustees van die See Eike Trust en die “Wortelgat Outreach Trust” (WOT) is daar ooreengekom vir die bou van ‘n berghut wat vir beide partye se gebruik sal wees. Continue reading

Oranjerivier 2011 verkorte skets

Op Sondag 10 Julie, gans te vroeg om oggend genoem te word, het ‘n klomp deur-die-slaap dog opgewonde studente aan die Universiteit van Stellenbosch die lang pad van Stellenbosch na Raap-en-Skraap (of Haak-en-Steek soos dit later sou heet) kampterrein aan die Oranjerivier aangedurf. Die pad is kort gemaak deur ‘n paar treffers oor die draadloos. Tog moet mens wonder of die stap dan so hard gaan wees aangesien daar redelik gehammer word op die lirieke: “Every day I’m shuffling!” Continue reading

Oranjerivier Julie 2011

DAG 0 10/07/2011

Die lang Junie-vakansie staan einde se kant toe en dis weer tyd vir vroeg opstaan, maar niemand staan ooit so vroeg op nie selfs nie eers in die kwartaal nie! Dis 4:15 en daar is alreeds lewe by die Neelsie se parkeerterrein. Die manne word opgekommandeerom die bus te laai en kort voor lank suiker die bus vol studente by die Neelsie se parkeerterrein uit oppad Oranjerivier toe. Die eerste been van die rit word in stilte afgehandel terwyl almal vir oulaas laat probeer slaap. Na die son op is is daar egter geen genade nie en dit klink of jy jouself tans in een van Stellenbosch se kuierplekke bevind. Continue reading