Yearly Archives: 1986

Stilbaai-Witsand Gala 1986

Vrydag, 28 November ’86 en nog ‘n BTK-toer lê voor.

Anine reken toe sy sal ‘n bietjie later opdaag, maar toe ry die wa wél twaalfuur en sy moes maar so ‘n minuut oor twaalf op die wa spring. Die bus het eers kwart oor vier die middag vertrek: Riversdal toe!

Die wa-ryers was al heel tuis in die dorp na ‘n koffietjie by die Hoekkafee toe die bus eers ná donker daar opdaag. Na aandete en aandgodsdiens het ons gaan slaap. Continue reading

Riviersonderend September 1986

Vir een derde van die toergroep het die wegbreek al twee-uur (BTK-tyd) begin. Die Vokskas-bussie het voorspoedig gery en omtrent vyfuur op McGregor aangeland. Die BTKaners het hulle self besig gehou deur windowshopping te doen by die dorp se vyf kafees. Hulle kon ‘n aanloklike aanbod nie weerstaan nie: 2L roomys vir net 99c – Barry het plastiek teelepeltjies ook gekoop en almal het vreedsaam verkeer. Continue reading

Oranjerivier Julie 1986

Flip-flop, flip-flop, whee! gaan die wasmasjiene. Rataratara gaan die droërs.

Drie weke gelede dié tyd toe lê ons almal min of meer horisontaal, tone sterrewaarts, net duskant die “bar” by Onseepkans, daar waar ‘n mens leer om lekker te dans, ongelukkig is daar net mans, dis nou in die “bar” by Onseepkans. Continue reading

Hel Maart 1986

Laat Donderdagmiddag, 27 Maart, het dit woel al begin woel, maar volgens BTK-tradisie is die 3 bussies (met Barry, Ninkie en Riaan aan die stuur) eers oor ses weg, in plaas van die geskeduleerde vyfuur. Dit het baie voorspoedig gegaan tot ‘n sjarmante, absoluut gesofistikeerde blonde bom van ‘n polisie-vrou vir Ninkie van die pad af laat trek het.

Eers het sy gevra hoekom die bussie so vol was en toe waarheen hy op pad was. Die wind was uit haar seile toe Ninkie antwoord: “Op pad Hel toe.” (Dit is seker hoekom die bussie so vol was.) Continue reading