Yearly Archives: 1981

Struisbaai-Infanta Gala 1981

20 – 27 November 1981

Vrydag, 20 November:
Op ‘n mooiweers dag wat ‘n goeie toer voorspel vertrek die wa reeds vroegoggend met ‘n jolige klomp BT-Kaners. Ons laat sak maar liewer ‘n sluier oor hulle duistere bedrywe vir die res van die dag.

By die bus daag slegs die eerste toeriste betyds op. Die ou toeriste verskyn drentelend op die toneel, so asof die bus laat gaan vertrek. Sommige is wasbleek van die eksamen, terwyl andere se sonbruin gelaat getuig van ‘n minder strawwe eksamen-rooster. Continue reading

Riviersonderend Oktober 1981

25 September – 02 Oktober 1981

Vrydag, 25 September: na McGregor:
‘n Handjievol BT-Kaners, een natverfwavrag-vol, vertrek vreugdevol van Neelsie. Op pad uit Stellenbosch waai ons eers vir al die studerende studente wat agterbly om ‘n Septembervakansie in sy glorie te stuur. McGregor is nege-uur die aand al stikdonker en selfs die polisiestasie is dig toe. Die enigste lewendes is siele agter die kroegdeurtjies en terwyl die wa daar pad vra na ons slaapplek, skop ons agterop so lawaai op, dat ‘n tannie verontwaardig deur haar hortjiesvensters loer. So ‘n lawaai is selfs voor die kroeg nie gewoonte nie. Continue reading

Wildekustoer Julie 1981

10 – 19 Julie 1981

Ons gaan vêr ry
tot in die Transkei
Hordes wil saam
maar moet maar bly,
want net vyftig kan gaan
en so kon ons uiteindelik ons ry kry.

Vrydag, 10 Julie:
So vertrek ons dan ook die oggend die gebruiklike wyletjie later uit Stellenbosch as wat beplan is. Almal se paspoorte of Identiteitsboekies is “nie op die bus nie, in die bus” en ons laat Stellenbosch agter. Ons is ‘n ordentlike getal twee liter bottels ryker. Continue reading

Sederberge April 1981

27 Maart – 03 April 1981

Nouja, van Hel-toe-ganery kom watervloede en ons begin so vier-en-twintig uur voor die toer konsentreer op dié deel van die toerprogram waar staan: LW: TOER ONDERHEWIG AAN VERANDERING!

Donderdag luister ons al van sewe-uur elke uur nuus oor die radio en stories trek rond, vergaderings word gehou en daar word rondgebel na alle oorde. Ai, waantoe nou? Maar laatmiddag versprei die goeie nuus oor die Akker: “Pak julle sakke mense.” Continue reading

Witels Februarie 1981

03 – 06 Februarie 1981

Met die rampvloede nog vars in die geheue is ons enigste kwelling, of die weer gaan hou of nie. Oppad na die basishut ontleed Braam elke vuisgrootte wolkie en elkeen moet ‘n voorspelling waag. Die weer is nog vandag aan ons kant en ons hou lekker braaivleis. Toe Braam na aandgodsdiens dadelik wil bedtoe, onthou ons skielik dis Dallas-aand, en Braam wil net van die opblaas TV begin vertel toe Johan met ‘n blink gedagte te voorskyn kom: ‘n BTK-sangbundel. Continue reading