Yearly Archives: 1963

Kleinmond Gala 1963

Vrydag, 22 November:
Gala 1963 – die enigste ligkolletjie op ‘n horison vol donker eksamenwolke – breek eindelik aan. Khaki-en-rooi stippels dwaal nog vir oulaas in Stellenbosch se strate rond voordat hulle by die pakkamer bymekaar kom, en in goeie BTK-tyd – een uur laat – vertrek die moeg-geswottenes vir hul ruskuur (?) langs die kus. Continue reading

Obiqua September 1963

Dit was voorwaar ‘n blomtoer. ‘n Toer verryk met die prag en skoonheid van Bergrosies, Onderrokheide, Oumakappies, Skaamrosies, Hangertjies, Bobbejaantjies, Sonnedou, Kalkoentjies, Bongel, Jan & Piet, Dave, Bea, Jeanne, Bernard, Piesang, Frambosie, Spasies en sommer nog ‘n mengelmoes van ander soorte. En elkeen het sy eie besondere aantrekkingskrag behou onderwyl onder mekaar meegeding is om die mooiste geur en prag oor alles en almal te strooi. Continue reading

Gamkaskloof April 1963

“Chuck” die boeke! is die slagkreet van sowat 80 Ebeniete onder aanvoering van Generaal Odendaal en hulle verlaat om 5nm. die vesting Stellenbosch, om weereens teen daardie geliefde ou vyand, die Natuur, op te trek. Hans die Skipper en sy manskappe het reeds die oggend om tienuur die anker gelig met die nodige voorrade en ammunisie aan boord. Continue reading