Yearly Archives: 1955

Kleinmond Gala 1955

Ons het weer voor Hamelhof versamel. Ou BT-Kaners het mekaar luidrugtig gegroet – agt-en-twintig eerste toeriste het die spul verwonderd staan en beskou. Ons en die bagasie is op die vragmotor en in die twee busse ingebondel en ten spyte van sterk teenkanting van die wind se kant, het ons by ons bestemming aangekom. Dit was ‘n entjie anderkant Grabouw, vanwaar ons ook begin stap het. Die aand het ons by Monteith gekamp, maar ons het nie almal so maklik die plek gekry nie. Party het so ‘n bietjie verdwaal, twee toekomstige padwysers het sommer baie verdwaal, maar teen kampvuurtyd het ons darem almal ‘n rusplek in die holte van ons rug gehad. Continue reading

Knysna April 1955

Vrydagmiddag kwart-oor-vier, die laaste bus staan gereed om te vertrek – is almal daar? Waarheen die warboel en tot watter doel? Natuurlik na Knysna en saam met die BTK!

Die aand is kamp by Buffelsjagt opgeslaan en die half-skamerige groep is aanmekaar bekend gestel. Ai, wat ‘n salige idee om weereens onder die sterre hemel te kan slaap en die volgende oggend gesig in die dam te was.

Continue reading