Yearly Archives: 1943

Voorsittersverslag 1943

Geagte BT-Kaners,

Dis is vir my ‘n plesier om verslag te lewer van die klub se werksaamhede gedurende 1943. Dit was vanjaar die klub se veertiende verjaarsdag en ‘n mens kan met reg sê dat almal sy kinderskoene ontgroei het. Aan die einde van laas jaar met die publikasie van die Handleiding by die stigting en werksaamhede van ‘n klub vir Bergklim en Staptoere aan ‘n universiteit of kollege is alreeds ‘n gewigtige stap vooruitgeneem, en dit sal seker nie geheim verklap wees om te sê dat ons miskien groot planne in die mou voer vir aanstaande jaar nie. Continue reading

Montagu Oktober 1943

24 September – 05 Oktober 1943

Die Worcester trein was ‘n uur laat en propvol. Toe hy die Stellenbosch-Stasie intrek het ons hom ‘n hele ruk aangekyk, almal besig met die interessante probleem, waar gaan vyf-en-sestig khaki-stuks inpas? Die vraagstuk het plek gemaak vir een veel meer persoonlik en aktueel: waar de drommel kom ekke in? en ons het oor onwillige ooms en gesette tantes en uitbundige skoolkinders ingeborrel. Continue reading

Bainskloof April 1943

22 April 1943

Dit was toe weer vakansie en daar was toe weer getoer.

Die middag van die 22e April was dit ‘n gedoente by die stasie. Behalwe al die ander passasiers was ons tagtig jolige toeriste ook daar. Orals het vrolike groepies op die berg bagasie gesit. Ja, ons sakies was mooi agtermekaar en ons het kleingeld gemaak van die tyd solank ons vir die trein gewag het.

Continue reading