Yearly Archives: 1937

Rooi-Els Kamp

02 – 06 Desember 1937

In vrolike stemming wag twintig BT-kaners voor die Uitspan tot alles in gereedheid is, sodat die lorrie hulle na Steenbras kom vervoer. Daar aangeland, begin ons dadelik aanstap om sodoende nog voor sononder by die kampplek te kom. Die lorrie moes egter omdraai om met die motorpad by Rooi-Els te kom. Tant Elsie Grobbelaar, ons kampmoeder, sou ons dan ook eers daar ontmoet.

Continue reading

Tafelberg-Uitstappie

Dit was ‘n sonnige oggend toe die BT-Kaners vanaf Stellenbosch vertrek het, om hulle weer te verlustig in die wye natuur, na benoude weke van spanning by die boeke.

Met soveel lewenslus het hulle begin klim, dat dit nie gelyk het of die eksamens hulle aangetas het nie. Later het die son, egter, net warm begin word, en toe ons eindelik die middag bo aanland, was almal seker bly. En wat ‘n gesig vanaf die kruin van Tafelberg! Nie een van die wat daar was, sal seker gou die sonsondergang vergeet nie.

Continue reading

Toerliedjies

Dit was op die Knysna-toer, September 1930, terwyl ons in twee motorbote tussen die bosse en bome aan die walle van Keurboomsrivier deurgly, dat die eerste fondamentsteen vir ‘n versameling van ons eie toerliedjies gelê is. Die wanklinkende geluide van “Intervarsity”-liedjies in hierdie omgewing van natuurskoon en -prag het gemaak dat ons ou voorsitter en staatmaker, Jan Klopper, sy misnoeë oor sulke misplaatste voetbalentoesiasme duidelik te kenne gegee het. Continue reading

Die Agulhas September 1937

Die laaste paar dae voor die vakansie het alte stadig verbygegaan. Maar uiteindelik was Donderdag, 23 September, daar en het ons ons skrede Uitspan toe gewend, waar ons die lorries sou kry. Ons klomp was nog vreemd vir mekaar, maar die khaki-klere en rooi nekdoekies het ons reeds laat voel dat ons saamhoort. Ons het die stof van Stellenbosch van ons voete afgeskud en daarmee alle gedagtes aan hordes werk en eksamens. Ons het net gevoel: Continue reading