Yearly Archives: 1934

Wat beteken die BTK vir my?

As ek vannaand terugdink aan die kamp, dan vergeet ek al die baie bogpraatjies, al die baie spontane opwellings van gedagtetjies (wat ek soms nogal nie anders as uitgesproke geestig kon bestempel nie), al die heerlike en eerlike pogings om te lag (sommige het geslaag, ander nie), al die baie kleingeweervuur en aanvallery, en al die aanvallighede, die enkele bestrawwing en die ongetelde vermanings aan die nie-kwaad-bedoelende komiteetjieslede – alles vergeet ek, want ek wil vanaand nie meer lag nie, ek kan nie vanaand so lag soos gisteraand nie.

Continue reading

Skiereiland Mei 1934

Op Woensdag, 8 Mei het die Aprilvakansie uiteindelik gearriveer en drie-en-dertig min drie opgesaalde toeriste het hom om halfagt in die môre met vrolike harte vol blye verwagting op Stellenboschstasie tegemoet gegaan. Met Oktober-weelde, met “Somer en son en saffier” wou hy vergoed vir sy vertraagde geboorte en die poging was so goed as volkome geslaag, nee, want die druppeltjie reent moes by anders was dit was g’n volmaakte BTK-toer nie! Continue reading

Uitstappie na die Pieke gedurende A.N.S. -Week 1934

Ten spyte van hoë-hak skoene, lang witbroeke, boordjies en dasse; ten spyte van die koue snywindjie op die lorries in die vroeë oggend en van die groot meerderheid van besoekers onder ons geledere, heers daar uit die staanspoor ’n eg BTK- “spirit”.
Met ’n flinke pas stap ons tot by die brug, waar die skape en bokke van mekaar skei – die skape na die watervalle en die bokke na die Pieke.

Continue reading