Feesnaweek

REÜNIE PROGRAM – 27 TOT 30 APRIL 2018

Vrydag 27 April 2018

13:00: BTK-ners begin arriveer.

15:00: Stap 1 – Assegaaibos [Sien Uitstappies vir volledige besonderhede van die uitstappies].

16:00:  Formele registrasie begin.  BTK-ners kies en voltooi die stap- en bergklimlyste (dagstappies), Betaling vir dagstappies geskied per stap en word in kontant betaal (tensy ‘n WildCard getoon word) by aanvang van die betrokke stap.

19:00Aandete (Herderspastei en slaai).
Koffie en soetigheid na ete.
Formele opening by kuiertafels in die saal.
Informele kuier en gesels totdat Klaasvakie oorneem.

Saterdag 28 April 2018

7:00:  Oggendkoffie en beskuit.
Die wat meer as koffie en beskuit wil geniet, moet hulle eie ontbyt saambring.
[Sien Uitstappies vir volledige besonderhede van die uitstappies].
8:00: Stap 2 – Tweelingpieke via Langrivierkloof en Nerinakloof
8:00: Stap 3 – Panorama 1 via Bergriviernek en Kurktrekker
9:00: Stap 4 – Botmaskop Saaltjie via die bospad
9:00: Stap 5 – Swartboskloof sirkelroete
10:00: Stap 6 – Tweede Waterval
[Elkeen sorg self vir middagkos]

18:00: Aandprogram
Ons begin so teen 18:00 met die sing van tradisionele BTK-liedere. Die spitbraai (met slaaie en brood) is so teen 19:00 gereed. Daarna volg die kampvuur en items. Koffie en soetigheid sal na die ete beskikbaar word.

Sondag 29 April 2018

7:00:  Oggendkoffie en beskuit.
Die wat meer as koffie en beskuit wil geniet, moet hulle eie ontbyt saambring.
[Sien Uitstappies vir volledige besonderhede van die uitstappies].

8:00: Stap 7 – Haelkop via Sosyskloof en Stellenboschberg
8:00: Stap 8 – Panorama 2 via Kurktrekker en Swartboskloof
8:00: Stap 9 – Stellenboschberg
9:00: Stap 10 – Assegaaibos
14:00: Stap 11 – Tweede Waterval

17:30: Dankdiens. 90 jaar se vreugde en genade word gevier.

19:00:  Hoenderpastei met bykosse en Elsa de Lux poeding,
Tee/Koffie en koekies.
Kampuur, sing en items tot “nagdames”.

Maandag 30 April 2018

7:00:  Oggendkoffie en beskuit.
Die wat meer as koffie en beskuit wil geniet, moet hulle eie ontbyt saambring.
Vandag doen elkeen sy eie ding.
Die wat die aand nog op die terrein wil slaap, moet vooraf so laat weet.

Dinsdag 1 Mei 2018

7:00:  Oggendkoffie en beskuit.
Die wat meer as koffie en beskuit wil geniet, moet hulle eie ontbyt saambring.
Die wat nog oor is, groet tranerig en vertrek.